Home
ARMOEDE – DIE OORSAAK EN DIE OPLOSSING PDF Print E-mail

Van die plakkerskampe, tot die vervalle ghetto’s, tot die vlugtelingkampe, sukkel Christene om met praktiese liefde op lyding te reageer.

 

Die verskil in produktiwiteit en inkomste per persoon in die Westerse wêreld in vergelyking tot die sogenaamde “ontwikkelende” of “derde” wêreld lande was in die 19de eeu 2 tot 1. Hierdie toenemende ongelykheid, saam met die impak van natuur en mensgemaakte rampe, het die vloei van vlugtelinge en “onwettige immigrante” na Westerse lande grootliks vererger. Dit het die verspreiding van siektes baie laat toeneem, so ook omgewings-degradasie, die toename in misdaad en die moontlike konflik situasies.

 

Een van die hoof reaksies van die industriële lande was om groot hoeveelhede buitelandse hulp aan die armer lande te gee. Buitelandse hulp is egter die skuld gegee dat die die armer lande die kans om hul ekonomie tot ‘n lewensvatbare vlak te ontwikkel ontsê is. Die meeste hulp moedig nie selfonderhoudendheid en groei aan nie. Die voedsel oorskot-hulp wat daar gestort is, het die plaaslike landbou op die lang termyn beskadig. Dit is moeilik vir boere om iets te verkoop wat weggegee word.

 

Hoewel ons beslis ons naaste moet liefhê, veral die verdienstelike armes, moet ons wys en onderskeidend wees in ons hulp sodat verantwoordelikheid en rehabilitasie aangemoedig kan word.

 

Die Misbruik van Verligtingshulp

Sedert 1954 het die VSA miljoene tonne voedselhulp vir Indië na die Indiese Regering (nie privaat besighede en agentskappe nie) verskeep. Rotte het meer as die helfte van hierdie kos by die dokke en stoorfasiliteite geëet! As gevolg van die Hindoe se geloof in reïnkarnasie, mag rotte en heilige koeie nie doodgemaak word nie! Dit sou ‘n trein van 3000 myl lank neem om die graan wat die Indiese rotte in een jaar geëet het te vervoer! Verder eet die heilige koeie in Indië genoeg kos om die grootste gedeelte van Asië kos te gee! En die Hindoe tempels bevat ‘n ongelooflike fortuin van goud, robyne, saffiere en ander kosbare stene in hul standbeelde, wat as afgode aanbid word.

Dit is in werklikheid Hindoeïsme se geloof in reïnkarnasie, die heilige koeie, beskermde rotte, afgode van goud en edelgesteentes, vermorste hulpbronne en bygeloof, wat die armoede en hongersnood in Indië veroorsaak.

 

Ethiopië in die 1980’s was ‘n klassieke voorbeeld van ‘n mensgemaakte hongersnood. Sosialisme, konfiskasie en nasionalisasie, die afskaffing van prestasie-loon, die bestraffing van produktiwiteit en dus subsidiëring van onverantwoordelikheid, het die hongersnood veroorsaak in wat voorheen genoem was “die broodmandjie van Afrika”. Die “Rooi Gevaar” se massa teregstellings, gedwonge verwydering van miljoene mense en die vernietiging van gewasse deur die regering het die hongersnood verder vererger.

 

Die korrupsie en misbruik van die verligtingshulp in Ethiopië was die grootste skande: 100% invoerbelasting was op alle gratis verligtingshulp gehef! Splinternuwe Mercedes Benz trokke was belas met 100% invoerbelasting vir die vervoer van die voedsel. Al hierdie trokke moes oorgeteken word aan die marxistiese regering van Ethiopië! (En dit alles terwyl 70 miljoen Amerikaanse Dollar spandeer is op die “Herdenking van die Revolusie” feesvieringe in 1984, waarvan die helfte vir alkohol was!). In werklikheid is baie van die verligtingshulp en voedsel gebruik vir die baie Kubaanse, Sowjet en Oos Duitse militêre wat betrokke was in die veroorsaking van die hongersnood. Sommige van die voedsel was selfs uitgevoer as betaling vir wapens!

 

In die 1980’s was Mosambiek nog ‘n voorbeeld van ‘n mensgemaakte hongersnood in ‘n land wat voorheen voedsel uitgevoer het. Na die marxistiese revolusie van 1975 was ‘n sosialistiese ekonomie op die mense afgedwing. Plase is gekonfiskeer. Fabrieke was genasionaliseer. Honderde duisende mense was gevange geneem in konsentrasiekampe. Meer as 75 000 mense was daarvan beskuldig dat hulle “Sluikhandelaars”, “reaksionêre” en “teenrevolusionêre” was en is in die openbaar tereggestel. Voedsel was in ruil vir wapens na die Sowjet blok uitgevoer. ’n Verskroeide aarde beleid was later van stapel gestuur om die opposisie van die Frelimo regering uit te honger deur gewasse en dorpe af te brand. Burokratiese vermorsing en korrupsie het ‘n groeiende industrie geword. Ekonomiese armoede en sosiale chaos was die resultaat.

 

Tog was dit in Mosambiek nie net marxisme wat die hongersnood veroorsaak het nie, maar ook animisme. Die algemene gebruik van voorvader aanbidding het daartoe gelei dat baie arm gesinne hulle laaste bok of hoender geoffer het om die “voorvader geeste” tot bedaring te bring!

 

In Albanië en Romenië het ek Sigeuners gesien wat hul babas doelbewus uithonger en dan hierdie ondervoede babas op die sypaadjies laat lê met ‘n hoed langsaan om vir geld te bedel. Enige geld wat ontvang is, is gebruik vir sigarette en alkohol. In Indië het sommige dakloses hulle eie kinders vermink en geskend om hulle meer betreurenswaardig te maak, en daardeur meer effektief om te bedel.

 

In Suid-Afrika, toe ek baie tyd in die strate van Hillbrow en Durban spandeer het besig met straat-evangelisasie, het ek professionele bedelaars aan die werk gesien. Ek het gesien hoe “kreupeles” hulle bene wat verbind is losmaak en strek en loop sonder die ondersteuning van krukke; en ek het gesien hoe “blindes” hulle donkerbrille oplig om die geld in hul hoed te tel. Sommige straatkinders het my vertel dat hulle ‘n gemiddeld van R200 ‘n dag kan verdien deur te bedel! In te veel gevalle doen die oorhandiging van ‘n paar munte aan vreemdes wat in die strate bedel meer kwaad as goed. Deur aan bedelaars in die straat te gee, subsidieer mens uiteindelik dronkenskap, rook, dwelms, prostitusie en dobbelary. Sommige van die bedelaars is kinderprostitute en diewe wat bedel gebruik as ‘n rookskerm terwyl hulle vir geleenthede soek.

 

Dan is daar ook die “godsdienstige” swendelaars wat die terminologie ken en wat die goedgelowige kan bedrieg en manipuleer om groot bedrae geld te gee vir valse goeie sake.

Ek was ook een van die wat bedrieg is deur professionele “bekeerlinge” wat toelaat dat jy hulle na Christus lei sodat hulle geld kan “leen” by ‘n goed bedoelende evangelis.

 

Baie miljoene rande word verkwis deur Christene wat deur skuldgevoelens gemanipuleer word om vir bedelaars by die verkeersligte, by hulle voordeur en op die strate te gee. Terselfdertyd spartel bedienings soos die Heilsleër, die Docks Mission, die Ark, Cape Town City Mission en andere weens ‘n gebrek aan ondersteuning.

 

Daar is ‘n desperate behoefte aan goeie bestuur van ons beperkte hulpbronne. Dit sal meer verantwoordelik wees om ons barmhartigheid te kanaliseer deur Christen bedienings, wat hul effektiwiteit bewys het om in liefde uit te reik en die armes te help, te ondersteun. Bybelse Liefdadigheid subsidieer nie sonde nie en behoort nie onverantwoordelikheid aan te moedig nie.

So, voordat ons voortgaan na die praktiese strategieë om na die armes om te sien, en om armoede uit te roei, laat ons armoede definieer en kyk na die oorsake van armoede.

 

Wat Veroorsaak Armoede?

‘n Definisie van armoede kan wees:

“’n tekort aan die materiële noodsaaklikhede van die lewe.”

 

Die armes kan beskryf word as:

“Mense wat nie die lewensnoodsaaklikhede het nie, en ook nie die vermoë het om dit te kan bekom nie. As hulle wil oorleef moet hulle vertrou op die hulpbronne van ander mense.”

Die Bybelse definisie van die armes kan wees:

“Diegene wat hulself nie kan onderhou nie omdat hulle te oud, te jonk of te gestremd is om te kan werk.

 

Daar is vier breë kategorieë waaronder alle oorsake van armoede gegroepeer kan word:

Persoonlike opoffering, luiheid, rampe (aardbewings, vloede, oorlog, ens.) of uitbuiting.

 

Selfopgelegde Armoede

Die lui en trae mens ly onvermydelik onder die gevolge van hul sonde:

“Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ‘n broer van ‘n verwoester.” Spreuke 18:9

“Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? Nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer, nog ‘n bietjie hande vou om uit te rus! So kom dan jou armoede soos ‘n rondloper en jou gebrek soos ‘n gewapende man.” Spreuke 6:9-11

 

“Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.” Prediker 10:18

 

Dit is ‘n skande om lui te wees (Spreuke 10:5). Lui mense vind altyd verskonings om nie te werk nie (Spreuke 15:19; 26:13-16).

Diegene wat te lief is vir slaap sal arm word (Spreuke 19:15; 20:13).

 

“...as iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.” 2 Thessalonicense 3:10

 

Morele armoede verdoem dikwels sy mense tot voortdurende armoede. Selfsug, gierigheid, luiheid, immoraliteit, kortsigtigheid, dobbelary, alkoholmisbruik, pornografieverslawing, oorgawe aan prostitusie, dwelmmisbruik en ander sondes is simptome van rebellie teen die Wet van God. Sulke booshede se onvermydelike uiteinde is armoede.

Slagoffers van selfopgelegde armoede het die Evangelie en dissipelskap nodig om hulle vry te maak van hulle sondige lewenstyl.

 

Opgelegde Armoede

Die grootste oorsake van opgelegde armoede is: onderdrukking en godsdienstige dwaling. Onderdrukking bestaan uit regerings of individue wat ander se Godgegewe regte op lewe, eiendom en vryheid aantas. Dit neem die vorm aan van bedrog, diefstal en geweld. (Inflasie, geldeenhede wat nie ondersteun is nie: vervalsing; sosialisme; oormatige belasting; korrupsie; vermorsing; oneffektiwiteit; ens.).

Die armoede van die derdewêreld het onderliggende nie-Bybelse wêreldbeskouïngs. Die fatalisme en geloof in reïnkarnasie van Hindoeïsme en Boeddhisme, waar die materiële wêreld nie as werklik beskou word nie, en moeilikhede verstaan word as ‘n gevolg van dade in ‘n vorige lewe (“my karma is sleg”), verlam vooruitgang. Die Animistiese wêreldbeskouing waar die mens aan die genade van magte van buite oorgelaat is, veroorsaak dat mense vasgevang word in bygeloof en vrees. Die fatalisme van Islam is ook nie bevorderlik vir produktiewe beplanning en innovasie nie.

 

Die mense wat arm is deur uitbuiting het beide direkte liefdadigheid nodig om aan hul huidige behoeftes te voldoen, en ook geregtigheid in die vorm van kompensasie vanaf diegene wat hulle uitgebuit het, asook vryheid van valse godsdienste.

 

Die mense wat arm is as gevolg van rampe (slagoffers van vloede, aardbewings, oorloë, ens.) is die mees gepaste ontvangers van liefdadigheid - hoewel die doelwit altyd is om hulle te help om weer selfversorgend te raak.

 

Armoede in die Geskiedenis

Die belangrikste vraag wanneer ‘n mens kyk na die ongelykheid tussen ryk en arm mense in die samelewings is nie “Hoe het hierdie mens/samelewing arm geword?” nie. Armoede is n natuurlike toestand van die mens. Die vraag is: “Hoe het enige iemand ryk geword?”

Armoede is ‘n gevolg van die Sondeval (Génesis 3:17-19). Hongersnood was algemeen voor die Industriële Revolusie. Voor die Industriële Revolusie, het Engeland gemiddeld 7 keer per eeu onder hongersnood gebuk gegaan. ‘n Derde van die bevolking het in 1769- 1770 in die provinsie Bengale, in die groot Indiese hongersnood gesterf. Soortgelyke verliese is in 1783 en 1790-1792 in Indië gely. Indië het verder onder nog 8 hongersnode vanaf 1838 tot 1901 gely, met meer as 9 miljoen mense wat van honger dood is. In ‘n enkele hongersnood in China vanaf 1877 tot 1878, is meer as 9,5 miljoen mense dood. Slegs die Christelike werksetiek en die gevolglike Industriële Revolusie het die Weste uit die herhalende afgryslikheid van hongersnood gehaal. ‘n Houtploeg wat deur osse getrek word kan voedsel voorsien vir een groot gesin. Teen die 18de Eeu, kon die nuwe ysterploeg, wat deur ‘n perd getrek word, voedsel voorsien aan 3 gesinne. Teen die 1940’s kon ‘n trekker wat ‘n ploeg sleep 14 gesinne voed. Nou kan gevorderde trekkers, gereedskap en tegnieke maak dat een boer genoeg voedsel vir 60 gesinne kan produseer.

Dit is ‘n waarneembare feit dat die mees doeltreffende ekonomie in die wêreld gebaseer is op privaat eiendomsbesit, eerlike geld, vrye mark en ‘n Christelike werksetiek.

 

Is Kolonialisme Verantwoordelik?

‘n Groot gedeelte van die Derde Wêreld is definitief ‘n skokkende gemors. Een-party diktatorskappe, ekonomiese chaos, wanvoeding, hongersnode, burgeroorloë, massamoorde en volslae armoede is die norm in die grootste deel van Afrika. Maar wie is verantwoordelik?

Die gedagte dat kolonialisme die hoofoorsaak van wêreldarmoede is, is populêr gemaak deur Vladimir Lenin, en sy volgelinge het dit sindsdien getrou herhaal. Dit is egter so dat in teenstelling met die a-historiese gemompel deur kolonie-fobiese mense, die armste en verste agtergeblewe lande denkbaar (Afganistan, Ethiopië, Nepal, Tibet en Liberië) nooit onder Westerse koloniale beheer geval het nie. Sommige kolonies soos Hong Kong, het baie vooruitstrewende geword. En sommige van die rykste en mees gevorderde Westerse lande soos Switserland, Swede, Noorweë, Denemarke en Finland, het nooi kolonies beheer nie. Ander gevorderde lande soos die VSA, Australië, Nieu-Seeland en Kanada was self kolonies.

 

In werklikheid het kontak met die Weste by verre meer voordele as nadele gebring. Tee en rubberbome, byvoorbeeld, was vreemd vir Asië, net soos mieliemeel in Afrika. Sulke seëninge was die gevolg van kolonialisme.

 

Sommige van die grootste “Littekens van Kolonialisme” sluit paaie, spoorlyne, skole, hospitale, die wiel, geskrewe taal, die Bybel en kerke in.

 

Die voorvader aanbidding en afgodediens het gehele beskawings magteloos gelaat teen die “natuur”. “Onbevraagtekende aanvaarding van die natuur en haar giere is algemeen in Afrika”. Verklaar Biskop Bududira van Burundi. Hy hou vol dat die plaaslike kulture materiële vooruitgang in die weg staan deur die verkeerde denkwyse, waar hulle hulself sien as lydend onder die geskiedenis, in plaas daarvan om dit te maak. Hy kom tot die slotsom dat: “Die boodskap van Christus het mense bevry van die boeie van die stam se manier van dink, en tot ‘n groter gevoel van persoonlike verantwoordelikheid lei.” Reality and Rhetoric, Lord Bauer.

 

Die stamfilosofië inhibeer produktiwiteit, penaliseer prestasie en konfiskeer die bietjie wat geproduseer word. Animisme leer sy aanhangers om hulself as hulpeloos teenoor hul omgewing te sien – en neem aan dat “die geleenthede en die hulpbronne vir die ekonomiese vooruitgang van mens self en jou gesin, deur iemand anders voorsien moet word – deur die staat, deur jou meerderes, deur ryker mense, of van oorsee af. Hierdie houding is op sy beurt ‘n aspek van die oortuiging van die werksaamheid van eksterne magte oor jou lot... Dit is ‘n houding wat eenvoudig ongunstig vir materiële vooruitgang is.” Dissent on Development, P.T. Bauer.

 

“Die idee dat dit boos is om persoonlike ekonomiese vooruitgang te maak neem besit van die mense en vrees vir afguns beperk groei en moedig armoede aan.” Productive Christians in an Age of Guilt Manipulators, David Chilton.

 

“Een van die deurslaggewende faktore om die ontwikkeling of gebrek aan ontwikkeling te verstaan, is die ‘afguns hindernis’ of geïnstitusionaliseerde afguns onder die bevolking.” Envy: A Theory of Social Behaviour, Helmut Schoeck.

In hierdie ongesonde situasie kom Oorsese Hulp by, wat net afhanklikheid, korrupsie en gierigheid laat toeneem, eerder as om verantwoordelikheid te ontwikkel.

 

Die probleme in die Derde Wêreld is nie primêr polities of ekonomies nie. Die probleem is valse godsdiens en die gevolglike heidense filosofie/wêreldbeskouing. Die oplossing is daarom ook primêr godsdienstig – die wêreld moet bekeer word tot en volgelinge word van die Christelike Geloof. Kerk en sending gebaseerde hulp sal nie alleenlik meer doeltreffend wees nie, maar sal ook groter persoonlike verantwoordelikheid en ekonomiese produktiwiteit inspireer.

 

Is Sosialisme Bybels?

Ten spyte van die onophoudelike en verbeeldingryke pogings van sogenaamde “Christen Sosialiste” om sosialisme te bevorder as “ware Christen liefde en mededeelsaamheid”, staan die Tien Gebooie steeds vas: “Jy mag nie steel nie” en “Jy mag nie jou naaste se goed begeer nie.”

Sosialisme is gewettigde diefstal. Dit is geïnstitusionaliseerde afguns. Dit is die gebruik van afguns en skuldgevoel om produktiewe Christene te manipuleer om ekonomiese selfmoord te pleeg. Die sosialistiese leerstellings van ekonomiese gelykheid vereis die diefstal van eiendom en die verbod op ekonomiese vryhede. Productive Christians in an Age of Guilt Manipulators, David Chilton.

 

“Sosialisme is nie die pionier van ‘n beter en lekkerder wêreld nie, maar die bederwer van wat duisende jare van beskawing geskep het. Dit bou nie; dit verwoes. Want verwoesting is die essensie daarvan. Dit produseer niks, dit verteer net wat die sosiale orde gebaseer op privaat eienaarskap van middele vir produksie, geskep voortgebring het...” Socialism: An Economic and Sociological Analysis, Ludwig von Mises.

 

Op byna elke probleem in die wêreld, is Sosialisme voorstander vir staatsingryping. Op hierdie manier dring sosialiste aan op nie-Bybelse magte vir die regering om in te meng met pryse, markte, lone, werksgeleenthede, winste, bevolkingsbeheer, onderwys, verplasing, ens., of om dit te beheer. Die onvermydelike gevolg van toenemende staatsingryping is die erosie van persoonlike vryheid.

 

Sosialisme verwoes aansporing, inisiatief en produktiwiteit. Sosialiste is parasiete wat dit verteer wat ander verdien het deur harde werk en vindingrykheid. Sosialiste poog om “die koek” te verdeel tot voordeel van hulle ondersteuners. Die vrye mark maak net meer koeke vir almal.

Prysbeheer veroorsaak ‘n ongebalanseerde en chaotiese mark. Minimumloon wetgewing veroorsaak werkloosheid. Winsbeperkings verhoog verbruikerskoste. Afgedwingde ekonomiese gelykheid lei tot stagnasie, verwoesting van inisiatief en meer armoede. Besorgdheid oor die armes was al lankal gebruik as ‘n regverdiging vir allerhande misdrywe. Judas Iskariot, wat ‘n dief was, is ‘n goeie voorbeeld (Johannes 12:4).

 

Afguns is die grootste siekte van ons tyd. Afguns is die gevoel dat omdat iemand anders iets het, dit sy skuld is dat ek dit nie het nie! Die hoofmotief agter afguns, is nie soseer om te neem nie, maar om te vernietig. Afguns en kwaadwilligheid is onafskeidbaar. “’n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog ‘n verrotting vir die gebeente.” Spreuke 14:30.

 

“Eerder as dat rykdom armoede veroorsaak, is dit baie meer waar dat dit wat armoede veroorsaak, die algemene oortuiging is dat rykdom dit doen!” Wealth and Poverty – George Gilder

As ons iets nodig het, gebied die Bybel ons om te: Bid (Filippense 4:6-7), Werk (1 Thessalonicense 4:11), om God te vertrou (Filippense 4:19) en om Vergenoeg te wees (Filippense 4:11).

 

Die enigste ding wat Sosialisme ooit aan sy aanhangers kon voorsien was die “gewaarborgde inkomste” van Romeine 6:23: “Die loon van die sonde is die dood.”

 

Bybelse Beginsels vir Ekonomie

Eerlike Geld

Regdeur die Bybel word daar van geld gepraat in terme van gewig. God se Wet vereis dat finansiële transaksies in terme van eerlike mate gedoen word. God haat en verbied oneerlike gewigte en mate, inflasie, “fractional reserve banking”, ongesteunde geldstelsels, en meervoudige skuldlaste (Levítikus 19:35-36; Spreuke 11:1; 20:10; 20:23; Amos 8:5-7, Miga 6:11-12). In 1982 kon jy in Suid-Afrika vir 4 sent ‘n brief pos. In 1970 kon jy vir R 1,000 ‘n nuwe motor koop. Die verwoestende impak van ongesteunde geldstelsels/inflasie op pensioene en spaargeld is krimineel. Bybelse wette vereis eerlike geld gerugsteun deur werklike, konstante waarde.

 

Vrye Ondernemerskap

Jy mag nie steel nie. Jy mag nie jou naaste se goed begeer nie. God seën produktiwiteit, aanmoediging, inisiatief en harde werk (Exodus 20:15-17; 30:14-15; Levítikus 19:15; 1 Samuel 8:10-18; 1 Konings 21:3; Esra 7:23-24; Spreuke 10:2-4; 12:24; 13:4,11). Privaateienaarskap van eiendom en middele vir produksie is Bybels. Dit is ook die fondament vir vryheid en vooruitgang.

 

Beperkte (Grondwetlike) Regering

Enige belasting van 10% of hoër word in die Bybel as onderdrukking gedefinieer. En enige belasting op eiendom of erfenis is streng verbode. Instellings en individue wat voltyds in diens van die Here is, mag nie belas word nie. Al hulle inkomste kom van donasies, uit vrye wil, aan die Here deur mense wat reeds belasting op hul inkomste betaal het (Esra 7:23-24). Minder regering beteken meer vryheid en meer persoonlike verantwoordelikheid (1 Petrus 2:13-14; Romeine 13:3-4; Prediker 8:11; Psalm 19:7-9; Spreuke 14:34; Psalm 9:17).

 

Liefdadigheid wat God Verheerlik

Die Bybelse beginsel is dat ons ten eerste verantwoordelik is om vir ons gesin te sorg en dan, deur die kerk, gemeenskaps- en sendingsorganisasies, liefde in aksie aan ons naaste te betoon. Persoon tot persoon, kerk tot kerk, sending tot gemeenskap, direkte hulp gebaseer op evangelisasie en dissipelskap. Al hierdie dinge is daarop gerig om verantwoordelikheid en produktiwiteit aan te moedig. Dit is korttermyn hulp, gerig op langtermyn (ewige) voordele. Die doelwit is om die slagoffers van armoede terug op hul eie twee voete te help waar hulle dan weer, op hul beurt, ander kan help (Jesaja 58:7; Jakobus 1:27). Matthéüs 25:35-36 en Esegiël 34:2-4 leer ons om: die swakkes te versterk, die gewondes te verbind, die siekes te versorg, jou kos te deel met die hongeres, die naaktes te klee, om ‘n vreemdeling in te nooi en na die weduwees en wese om te sien.

 

“En jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” Markus 12:30-31

 

‘n Aktiewe, praktiese liefde vir mense is ‘n absolute prioriteit vir elke Christen. Alle gawes en talente is betekenisloos sonder liefde (1 Korinthiërs 13:1-8). “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.” Johannes 13:34-35

 

Dit is nie veronderstel om ‘n vae, misterieuse, onpraktiese, abstrakte emosionalisme te wees nie. Die Bybel maak dit duidelik: “Laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid” 1 Johannes 3:18; deur die wat honger is te voed, die wat naak is te klee, vir die siekes te sorg, ‘n vreemdeling in te nooi, die gevangenes te besoek (Matthéüs 25:35-36). Christelike liefde is om medelydend te wees, te dien en op te offer. Bybelse liefde is ‘n gewilligheid om te dien, ‘n onselfsugtige houding wat uitreik en wat lei tot opoffering om ander se behoeftes te bevredig.

 

In die verhaal van die barmhartige Samaritaan (Lukas 10:30-37) hou ons Here Jesus vir ons ‘n doelgerigte les voor vir Christelike medelye. Die Samaritaan het die vreemdeling in nood jammer gekry, hy het hom versorg en hy het uit sy pad gegaan om hom na ‘n plek te bring waar hy kon herstel. En hy het van sy eie hulpbronne gegee om te betaal vir die behoeftes van die beseerde reisiger.

 

Regdeur die geskiedenis van die Kerk van Christus, het hierdie leringe van Christus die grootste dade van selfopoffering en medelydende liefde in aksie geïnspireer. Die wêreld voor die koms van Christus was baie koud en wreed. Daar is geen spoor van enige georganiseerde liefdadigheidspoging voor die Christendom nie. Om vreemdelinge te help, was onbekend. Die leringe en voorbeeld van Christus was revolusionêr. Die historikus van Yale, Kenneth Scott Latourette, het geskryf dat die Christendom vyf noemenswaardige innovasies in liefdadigheid bekendgestel het:

 

Om vrygewig te gee was gesien as ‘n verpligting vir alle Christene.

Die motief daarvan om aan die armes te gee was uit liefde vir Christus.

Die teikengroep van Christelike liefdadigheid was die weduwees, wese, siekes en gestremdes en diegene wat vervolg is vir hul geloof.

Christen gawes was aangepas van individu tot individu.

Christelike liefdadigheid was nie beperk tot kerklidmate nie, maar was ook na nie-Christene uitgebrei.

 

In sy boek “In the Shadow of Plenty” dra die outeur George Grant getuienisse van buitengewone prestasies van onselfsugtige ontferming in die Kerkgeskiedenis voor:

Die Noord-Afrikaanse teoloog Augustine (354-430) het liefdadigheidsorganisasies in dertien stede van die Romeinse Ryk gevestig.

 

Bernard van Clairveaux (1090-1153) het die grootste liefdadigheidsnetwerk van die Middel Eeue om om te sien na die armes, regdeur Europa gevestig.

Die Tsjeggiese Hervormer Jan Hus (1374-1415) het ‘n weermag van Christenwerkers gemobiliseer vir noodleniging toe Sentraal Europa deur ‘n reeks rampe getref is.

Die evangelis George Whitefield (1714-1770) het die eerste weeshuis, die eerste hospitaal en die eerste noodverleningsassosiasie in Georgia gestig.

Die groot prediker Charles Haddon Spurgeon (1834-1892) het 60 verskillende liefdadigheidsorganisasies, insluitende hospitale, weeshuise en armhuise gestig.

Die beroemde evangelis Dwight L. Moody (1857-1899) was verantwoordelik vir die vestiging van meer as 150 straatsendings, sopkombuise, klinieke en reddingssendings.

Christen liefde vir die armes en behoeftiges is sentraal aan die taak van die Evangelie. Wanneer die kerk die Bybelse balans van woord en daad gehandhaaf het, is lewens getransformeer, nasies tot volgelinge gemaak en kulture hervorm.

 

In sy boek “What if Jesus Had Never Been Born?” dokumenteer Dr. D. James Kennedy hoe, ten spyte van haar baie mislukkings en swakhede, die Kerk van Jesus Christus meer gedoen het (en steeds meer doen) om swaarkry te verlig, as enige ander instelling in die geskiedenis. Hy wys uit dat baie inspirerende voorbeelde soos: George Mueller en sy weeshuise wat vir duisende kinders gesorg het, Lord Shaftesbury wat veldtogte gevoer het teen die mishandeling van kinders, William Wilberforce wat sy lewe gewy het aan die uitroeiing van die slawehandel, William Booth wat die stigter van die Heilsleër was, wat vir miljoene arm mense wêreldwyd sorg, en baie ander.

Dr. Kennedy wys ook uit dat: Christelike bedienings die mees koste effektiewe liefdadigheidsinstellings in die samelewing is; dat gereelde kerkgangers die mees vrygewige gewers van beide tyd en geld is; en dat die Christelike werksetiek die mees doeltreffende en florerende ekonomie voortgebring het wat genadewerk aan die minderbevoorregtes kan finansier.

 

Die Christelike Fondamente vir vooruitgang is deur hierdie basiese beginsels gelê: Christene moet mekaar se eiendom respekteer, nooit steel of bedrieg nie, altyd by kontrakte hou, ywerig wees om geld te verdien, gedissiplineerd wees om geld te spaar, wys wees om geld te belê, gehoorsaam wees aan God om tiende aan Christelike bedienings te gee, oordeelkundig te wees in die deel met diegene in nood. Werk waar jy kan, verdien wat jy kan, spaar wat jy kan, en gee wat jy kan.

 

Bybelse liefdadigheid moet primêr gerig wees op weduwees, wese en die gestremdes – die verdienstelike armes (1 Timótheüs 5:3-16). Bybelse metodes van liefdadigheid sluit in: versamel, leen, arbeid en tiendes deur die plaaslike kerk. Ondersteun jy ‘n Bybelse bediening aan die armes? Ons is ons broeder se wagter (Génesis 4:9). Moenie net kos en geld gee nie – gee ook van jou tyd om die liefde en Evangelie van Christus persoonlik te deel.

Liefde is iets wat jy doen, nie net iets wat jy voel nie. Ongeag wat die regering doen, ongeag wat die kerk doen, gesinne en individue het ‘n verantwoordelikheid om gehoorsaam te wees aan God. Omdat liefdadigheid primêr ‘n funksie van die Christen gesin is, wat saam met ander Christen gesinne werk, is dit essensieel dat daardie Christen gesinne begin om die liefde van God prakties te implementeer. Liefdadigheid begin tuis: onderrig die kinders, sorg vir die hulpeloses, en versterk die swakkes. Dit begin soos ons ander aanmoedig, hulpbronne koördineer, met bestaande programme netwerk en aan die spits staan van nuwe pogings (Bringing in the Sheaves, George Grant.)

 

Elke Suid-Afrikaanse sent het die mossies op om ons te herinner dat God omgee vir die geringstes (Matthéüs 10:29).

En elke Randstuk het die inskripsie: Soli Deo Gloria – elke Rand wat ons spandeer behoort tot eer van God alleen te wees!

God gee om oor elke sent. Elke Rand wat ons spandeer moet tot eer van God wees (1 Korinthiërs 10:31).

 

Bid (Filippense 4:6-7), Werk (1 Thessalonicense 4:11), Vertrou God (Filippense 4:19), Wees Vergenoegd (Filippense 4:11), Wees vrygewig (2 Korinthiërs 9:6-12).

“...want God het ‘n blymoedige gewer lief. En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” 2 Korinthiërs 9:7-8

 

 

Die boonste artikel is geneem uit die Bybelse Beginsels vir Afrika boek, geskryf deur

dr. Peter Hammond.

 

 

 

Om meer te sien oor die oorspronklike Engelse weergawe, Biblical Principles for Africa, klik hier.

 

Albei boeke kan verkry word vanaf:

 

Christian Liberty Books

Hulpbronne vir Hervorming en Herlewing

Posbus 358 Howard Place 7450 Pinelands, Kaapstad, Suid-Afrika

Tel: 021 689 7478 Faks: 086 551 7490

This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it "> This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

www.christianlibertybooks.co.za

 
Copyright © 2017 Reformation Society. All Rights Reserved.