Home
Die Waarheid Oor Die Kruistogte PDF Print E-mail

Op dieselfde oomblik wat ons sendingstasie deur die nasionale Islamitiese regering in Soedan gebombardeer is, was mede-sendelinge besig om Versoeningsoptogte in die Midde-Ooste te organiseer ten einde verskoning vir Die Kruistogte te vra.

Dit was nogal bisar gesien in die lig van die feit dat ons kerkdienste en skole onder lug- en artilleriebombardement deur die heilige oorlogvoerders was. Sommige is van mening dat die Kruistogte die aanvang van die vyandigheid tussen Islam en die Weste was nadat hulle vyf eeue lank vreedsame naasbestaan geniet het.

Wat het die Kruistogte voorafgegaan?

Die Kruistogte het eers begin nadat die Islamiete reeds vyf eeue lank n Heilige Oorlog gevoer het. Meer as twee derdes van die bevolking wat voorheen Christene was, is oorwin, uitgewis of moes hulle onder dwang tot Islam bekeer.

Kort na die verowering van Jerusalem in 638, is Christen-pelgrims aangeval, uitgemoor en gekruisig. Moslem-regeerders het Christene vir geld afgepers en kerke geplunder.

In die agtste eeu het Moslem-regeerders alle vertoon van die Kruis in Jerusalem verbied.

Hulle het ook die strafbelasting (jizya) vir Christene verhoog en hulle verbied om in enige godsdienstige onderrig, selfs van hulle eie kinders, betrokke te wees! In 772 het Calipha al Mansur beveel dat die hande van alle Christene en Jode in Jerusalem gebrandmerk moes word. In 923 is n nuwe vlaag kerkverwoesting deur Moslem-regeerders van stapel gestuur.

In 937, het Moslems op Palmsondag op n plunderingstog Jerusalem se strate ingevaar en die Kerk op Golgota en die Kerk van die Opstanding geplunder. In 1004 het Caliph Al-Hakim n gewelddadige vlaag ontketen waarin kerke afgebrand en vernietig is, kerkeiendom gekonfiskeer en Christene en Jode op wreedaardige manier uitgewis is. Die volgende tien jaar is 30 000 kerke vernietig en n ontsettende aantal gelowiges is onder dwang tot Islam bekeer of koelbloedig doodgemaak.

In 1009 het Al-Hakom beveel dat die Kerk van die Heilige Graf en die Kerk van die Opstanding in Jerusalem vernietig moes word.

Toe die Seldjoek-Turke Jerusalem in 1077 binnegevaar het, is meer as 3 000 mense, insluitende duisende Christene, vermoor. Dit was in di stadium dat die Christen-keiser van Bisantium, Alexius I, by die Westerse kerke om hulp aangeklop het.

Pous Urban II het in 1095 die ridders van Europa by die Raad van Clermont uitgedaag: Die Turke en Arabiere het ons broers in die Ooste aangeval. Baie van hulle is doodgemaak of gevange geneem en die kerke vernietig.

Op grond hiervan doen ek n beroep op alle mense, wat ookal die rang: voetsoldate of ridders, ryk of arm, om hierdie Christene onmiddellik te hulp te snel...

Daar is nooit tydens hierdie oproep tot die Kruistogte een woord van bekering of verowering gepraat nie. Hulle moes doodeenvoudig die Islamitiese invallers uit die betrokke lande verjaag.

Wanopvattings

Die mite dat die Kruistogte nie uitgelok is nie en imperialistiese aksies teen vredeliewende, inheemse Moslem-bevolkings was, is doodeenvoudig nie waar nie. Dit is eweneens absurd om te glo dat die Kruisvaarders gulsige plunderaars was wat slegs op persoonlike gewin uit was. Diegene wat deel van die Kruistogte was, het dit veel eerder as n opoffering as vir persoonlike gewin gedoen. Die Kruistogte was, om die waarheid te s, bitter duur.

Baie Kruisvaarders moes hul eiendom verkoop om geld vir die lang tog na die Heilige Land te bekom, wel wetende dat die kanse op terugkeer in lewende lywe maar skraal was. Die meeste wat dit wel oorleef en teruggekeer het, het niks gehad om vir hul moeite te toon nie.

Die mite wat deesdae die rondte doen dat die Kruisvaarders daarop uit was om Moslems tot die Christendom te bekeer, is n polities-gemotiveerde fantasie. Enige mens kan maar die geskrewe geskiedenis nagaan en sal absoluut geen bewys vind dat die Kruisvaarders die Sarasene of die Turke tot die Christendom wou bekeer nie. Die Kruisvaarders het hulself as pelgrims beskou wat Christen-lande van die invallers wou bevry en weer vir die Christene in besit neem.

Mites van die geskiedenis

Die uitbeelding van Saladin as genadig en grootmoedig, is n absolute mite. Toe hy die Kruisvaarders op 4 Julie 1187 by Hattim gevange geneem het, is hulle op sy bevel in massas uitgemoor. Hulle moet in ooreenstemming met die Koran 47:4 Wanneer jy ongelowiges op die slagveld ontmoet, kap hulle nekke af, uitgemoor word. Saladin se sekretaris, Imad, het verslag gedoen dat dit is wat gebeur het.

In 1148 het die Moslem-bevelvoerder, Nur ed-Din, beveel dat elke Christen in Aleppo uitgewis moet word. In 1268, toe Mamluk Sultan Baybars Antiochi ingeval het, het hy seker gemaak dat alle mans uitgemoor en die vroue as slawe verkoop is, terwyl alle Kruise in kerke vernietig, Bybels opgeskeur en verbrand en die grafte van Christene ontheilig is.

Op 29 Mei 1453 is die grootste stad van daardie tyd, Konstantinopel, deur die Moslems ingeval. Elkeen wat hulle in die strate tegekom het mans, vrouens en kinders is onmiddellik doodgemaak. Die bloed het soos riviere in die strate vanaf Petra tot by die goue horing afgevloei.

Duidelike gevaar

Tydens die eerste eeu van Islam-oorheersing, het Moslem-weermagte die hele Europa ingeval. Spanje het agt eeue lank onder Islam gely. In die 14de eeu is ook Griekeland, Bulgarye, Serwi, Masedoni, Albani en Kroasi deur die Moslems binnegeval. In 1426 het die Egiptiese Moekloeks Ciprus verower en in 1395 het die Moslems Nikopolis aan die Donou-rivier verower. In 1444 is Varna in Hongarye ingeneem en in 1456 het die Turke Belgrado beset en selfs probeer om Rome te verower. Daar het hulle egter in die stof gebyt. Die Moslems het Wenen in 1529 probeer verower en het ook in 1683 n poging aangewend, maar hulle is egter deur 30000 Poolse perderuiters onder die Poolse koning, koning Jan Sobieski III, verjaag.

Was die Kruistogte n mislukking?

Die volgehoue uitbeelding van die Kruistogte as n mislukking, word dus nie deur die geskiedenis onderskryf nie. Dit het veroorsaak dat die Moslems vir die eerste keer na vyf eeue van voortdurende aanval, op die agtervoet geplaas is. Die Kruistogte het vir Europa nie net tyd nie, maar letterlik eeue verseker. Op n baie kritieke tydstip het hulle n verdeelde Europa verenig, die Mosleminvallers teruggedryf en vrede en veiligheid, wat eeue lank ongekend in Europa was, verseker. As gevolg van die geweldige opofferinge van die Kruisvaarders, het Christene in Europa n Geestelike Herlewing en Bybelse Hervorming beleef wat genspireer is deur die groot herlewing van geleerdheid, wetenskaplike eksperimentering, tegnologiese vooruitgang en bewegings wat tot groter vooruitgang en vryheid, meer as ooit in die geskiedenis, gelei het.

Om n idee te kry van hoe Europa moontlik vandag daar kon uitsien, sou die Islamiete in hul pogings geslaag het, kan ons maar net na die voormalige Christelike beskawings van Egipte en moderne Turkye kyk. Koptiese Christene maak nou slegs 10% van die totale Egiptiese bevolking uit en word baie erg onderdruk. Wat vandag as Turkye bekendstaan, was eens die lewenskragtige, Christelike Bisantynse Ryk die ekonomiese en militre  supermoondheid van daardie tyd. Ons vind vandag dat die eens florerende Christelike beskawing van n duisend jaar, geheel en al uitgewis is.

n Reaksie op die Heilige Oorlog

Die Kruisvaarders het bloot op vyf eeue van genadelose Islamitiese Heilige Oorlog reageer. Die Midde-Ooste was die geboorteplek van die Christelike Kerk. Dit was die Christene wat deur die Seldjoek-Turke verower en verdruk is. Baie van die dorpe in die Midde-Ooste het die Kruisvaarders as bevryders verwelkom. Dit was baie beslis nie die Kruisvaarders wat die aggressiewes was nie; dit was die Moslem-weermagte wat Islam vanaf Saoedi-Arabi oor die hele Christelike Noord-Afrika tot in Spanje en selfs Frankryk versprei het.

Moslem-weermagte het hul pad deur  sommige van die grootste Christelike stede in die wreld, soos Alexandri, Kartago, Antiochi en Konstantinopel, gemoor. Hierdie Moslem-invallers het meer as 3 200 Christenkerke in die eerste 100 jaar van Islam-oorheersing vernietig.

Verdedig geloof ten alle koste

Wanneer ons aan die Middeleeue dink, dink ons onwillekeurig aan Europa in die lig van wat dit geword het, eerder as wat dit eens was. Die feit is, die supermoondheid van die middeleeuse wreld was Islam, en nie die Christendom nie. Die Kruistogte was n geveg ten alle koste met onooglike, lang toevoerlyne en verlammende ontoereikende logistiek.

Dit was reg van die begin af n Dawidteen-Goliat-situasie.

Die kanse op sukses tydens die eerste Kruistog was hoogs onwaarskynlik.

Hulle het geen leier, geen bevelstruktuur, geen toevoerlyne en geen gedetailleerde strategie gehad nie. Die eerste Kruistog het bloot uit duisende toegewyde krygers bestaan wat diep in die vyandelike gebiede, duisende kilometer van die huis af, inbeweeg het. Baie van hulle het van honger, siekte of aan hulle wonde gesterf. Dit was n ruwe veldtog en tog is Jerusalem teen 1099 verower.

Was dit nie vir die Kruistogte nie, sou Europa in die hande van Islam gewees het en die VSA en Suid-Afrika sou nooit bestaan het nie.

Die Kruistogte was nie plunderwaansin nie

Die Christelike Geskiedenis Instituut het reeds daarop gewys dat die uitbeelding van die Kruistogte as blote plundery, n skreiende onkunde van die geografie sowel as die geskiedenis verraai. Die grootste aantal Kruisvaarders is deur die Kruistogte verarm en finansieel geruneer. Die Kruisvaarders het deur groot opoffering en persoonlike koste, hul huise en families agtergelaat en meer as 3 000 km oor onherbergsame terrein gereis en die kortste Kruistog het vier jaar geduur. As in ag geneem word dat slegs 10% van die Kruisvaarders perde gehad het en 90 % voetsoldate was, maak dit geen logiese sin om te redeneer dat die kruisvaarders soveel geplunder het dat dit meer was as wat hulle self in die proses verloor het nie. Baie van die Kruisvaarders het hulle huise en plase verloor ten einde hul betrokkenheid by die Kruistogte te finansier.

Handhaaf die eer van die Heer

Moontlik kan selfverheerlikende, materialistiese agnostici van die 21ste eeu nie verstaan dat sommige mense deur iets anders as blote finansile gewin gemotiveer kon wees nie, maar die feit bly staan dat daardie mense opofferinge vir hul godsdienstige oortuigings gemaak het en om ander te help. Daar was ook n begeerte om vir die eer van die Here op te staan en te veg. Sy kerke is juis vernietig en Sy Godheid deur die Mohammedaanse aggressors ontken. Die Kruisvaarders was dus in n verdedigende oorlog ten einde Christen-lande van die Mosleminvallers terug te eis. Ons mag moontlik nie hul oortuigings deel, of met hul metodes saamstem nie, maar ons behoort die Kruisvaarders in die lig van die werklikhede van die 11de en 12de eeu te evalueer en nie ons standaarde of politieke oortuigings op n anachronistiese wyse op hulle projekteer nie.

Heilige Oorlog versus die Evangelie

Die woord Kruisvaart kom nie in die Bybel voor nie en word ook nie deur die Christendom vereis nie. Die Heilige Oorlog, egter, is die sesde pilaar van Islam en die tweede belangrikste bevel van Mohammed. Dit word nie net aanbeveel nie, maar ook deur die Koran beveel.

Die Kruistogte het baie eeue gelede reeds geindig, maar die Islamitiese Heilige Oorlog word nog tot vandag toe gevoer. Miljoene Christene is deur die eeue heen deur Islamitiese militante vermoor. Christene is voortdurend, en word tot vandag toe, deur Islamitiese militante in Indonesi, die Filippyne, Soedan en Nigeri vermoor.

Voordat Christene dus oor hul voete val om verskoning vir die Kruistogte, wat meer as 700 jaar gelede beindig is, aan te bied, sal dit wys wees om eers baie betroubare bronne te ondersoek en te bestudeer om te sien waaroor die Kruistogte werklik gegaan het.

Dr. Peter Hammond

Die Juig! uitgawe van die artikel is hier beskikbaar


 
Copyright © 2017 Reformation Society. All Rights Reserved.