Home
PDF Print E-mail

This article is also viewable as a PowerPoint here.John Knox

 

Soos die boeke van Martin Luther, en Tyndale se vertaling van die Nuwe Testament Skotland binnegekom het, is dit met groot belangstelling ontvang. Studente by St. Andrews Universiteit het begin om hulle geloof ernstig op te neem. Patrick Hamilton, n student by St. Andrews, het n boek geskryf wat as ketters verdoem is. Hy het na Duitsland gevlug, Luther ontmoet, en spoedig teruggekeer na Skotland. Hamilton het die Protestantse geloof met groot waagmoed begin verkondig.

HAMILTON SE VERRAAD

Deur n wet van die parlement op 17 Julie 1525 is die invoer van Luther se boeke na Skotland verbied. In 1528 het die Aartsbiskop van St. Andrews vir Hamilton tot n debat opgeroep. Hy het egter geen plan gehad om met Hamilton te debatteer nie; dit was n lokval. Voordat enige van Hamilton se vriende hom kon verdedig, het n hof van die kerk hom skuldig gevind aan kettery.

Terwyl die meeste hofsake teen ketters weke geduur het, is Hamilton se saak in minder as 12 uur afgejaag. Dit het 6 lang en uitsonderlik pynvolle ure vir Hamilton geneem om op die brandstapel te sterf. Patrick Hamilton was Skotland se eerste Protestantse martelaar. Hy was maar 24 jaar oud. Sy dood het wye belangstelling in die Hervorming gaande gemaak, sowel as n verhoogde teenstand teen die Katolisisme.

Hamilton se laaste woorde was: Hoe lank, Here, sal duisternis hierdie wreld bedek? Hoe lank sal U ly onder die tirannie van mense? Here Jesus, ontvang my gees!

John KnoxBEKERING

In 1543 het die Regent wat vir die jong kind, Mary, Koningin van Skotland, ingestaan het n pro-Engelse, dus Protestantse beleid genisieer. Dit was gedurende die heerskappy van Koning Henry VIII. Die Regent het die lees van die Bybel aangemoedig en prediking van Protestante bevorder. Dit was deur die prediking van Thomas Guilliame, n bekeerde monnik, dat John Knox in 1543 bekeer is. Die ekstatiese effek van hierdie nuutgevonde geloof en vryheid, die vreugde daarvan om God se genade in Christus te belewe, het Knox vir altyd getransformeer.

Spoedig het die Skotse owerhede egter hulle aanvanklike pro-hervormingsbeleide omgedraai en begin om die Protestante te bedreig.

DIE MOED VAN WISHART

George Wishart, n lang, aantreklike en goedgemanierde man, het die segsman geword vir Skotland se groeiende Protestantse beweging. Wishart het deur die land gereis en die Hervorming se leerstellinge met vaardigheid en oortuiging oorgedra.

Kardinaal David Beaton, Aartsbiskop van St. Andrews, het 5 protestante in 1544 tereggestel en twee keer probeer om die gewilde Wishart te vermoor. Na een mislukte aanslag op sy lewe het die Protestante, uit vrees vir sy veiligheid, gerel dat Wishart sy lokaliteit daagliks verskuif om te keer dat hy gevang word. John Knox, gewapen met n groot slagswaard met twee handvatsels was deel van die lyfwag wat aangestel is om saam met Wishart te reis. Diegene wat na n diens van George Wishart gekom het, het in plaas van die normale mis in Latyn, gemeentelike sang, en n vurige preek van een uur lank in hulle eie taal gevind.

In 1536, in die geloof dat sy gevangeneming dreigend en onafwendbaar was, het Wishart sy lyfwag ontbind en ges een is genoeg vir n offerhande . Wishart is veroordeel as n ketter, onderdruk en verbrand op bevel van Kardinaal Beaton. Terwyl die vuur opgesteek is, het Wishart verklaar: Die vlam het my liggaam geskroei, tog het dit nie my gees geblus nie. Maar hy wie vanaf n ho posisie met soveel trots en hoogmoed op ons neerkyk, sal, binne n paar dae, net so skandelik bevind word as wat hy nou hoogmoedig rus in homself.

WEERWRAAK

Binne 2 maande na die teregstelling van Wishart het 16 Skotse edelmanne Beaton op die wreedaardigste wyse vermoor. Voordat hy neergevel is, is Beaton vermaan: Bekeer jou van jou vorige bose lewe, maar in die besonder van die vergieting van die bloed van daardie vername instrument van God, meester George Wishart wat ..roep vir wraak Ons is van God gestuur om dit te wreekU was en is n hardnekkige vyand teen Jesus Christus en Sy heilige Evangelie. Toe het n groepie gretige protestante, die Castiliane, die stad van St. Andrews oorgeneem en hulleself in die kasteel aldaar ingegrawe.

DIE BEROEP

Alhoewel John Knox nie deel van die sluipmoord of van hierdie sameswering was nie, het hy besluit om by die mans aan te sluit om hulle te bedien. Bendruk deur Knox se preektalent het hulle hom gevra om die kasteel se kapelaan te word. (Alhoewel Knox regte en teologie bestudeer het by die Universiteit van St Andrews, en georden was, het hy, as gevolg van die oormaat priesters in Skotland, hom bevind as n tutor en het hy nie voorheen as gemeentepriester gedien nie.) Knox was oorstelp, het in trane uitgebars en die aanbod van die hand gewys aangesien hy nie waardig gevoel het nie.

Vir die volgende paar dae het die gemeente volgehou om hom te beroep. Toe, tydens die bywoning van n plaaslike kerkdiens in St Andrews hoor Knox hoe Dekaan John Annand die Katolisisme bevestig en dit verklaar tot die Bruid van Christus. Knox het in sy bank opgestaan en hom in die rede geval, deur te verklaar dat die Roomse Kerk nie die bruid van Christus was nie, maar n prostituut. Die Romeinse pousdom het verder van die geloof van die apostels afgedwaal as die Jode van Moses met die kruisiging van Christus.

Hierop het die gemeente luidkeels geis dat Knox sy opmerkings verdedig in n preek die volgende Sondag wat hy toe gedoen het. Knox het verklaar dat die Roomse Kerk die sinagoge van Satan geword het. Hy het geen doekies omgedraai nie, en een toeskouer het opgemerk dat terwyl die ander aan die buitenste takkies van die pousdom gesnoei het, Knox na die wortel gekap het om die geheel te vernietig! Dit was die begin van die openbare loopbaan van een van die kragtigste predikers van die hervormingsera.

GEVANG EN VEROORDEEL

Die Franse vloot het St Andrews Castle beler, wat in Julie 1547 oorgegee het. Die rebelle is na Rouen in Frankryk geneem. Knox en die meeste van die Protestante is lewenslank gevonnis om as galeislawe te werk. n Lewenslange vonnis in die galeie is beskou as die ergste vonnis naas teregstelling. Knox het nie veel ges oor sy tyd in die galeie nie, maar twee woorde wat hy gebruik het om dit te beskrywe was foltering en beproewing. Terwyl hy in die galeie was het hy lewersiekte en maagswere opgedoen wat hom vir die res van sy lewe aangetas het.

Ongeveer 150 galeislawe (forsairs) het 6 per roeispaan gewerk. Die 25 roeispane was elk ongeveer 45 voet lank. Wanneer hulle nie diens gedoen het nie, is die roeiers aan die roeispane vasgeketting. Die opsigters op die skepe het swepe gebruik om te verseker dat die gevangenes en krygsgevangenes hulle deel doen. Galeislawe is beskou as n goedkoop en vervangbare vorm van aandrywing vir skepe.

Knox was ongeveer 33 jaar oud tot hy veroordeel is om na die galeie toe te gaan. Sy sterk karakter, wat vir die res van sy lewe en bediening duidelik geblyk het, het hom goed te staan gekom deur sy hele beproewing. By geleentheid, terwyl hulle die mis bedien het op die galei en die Salve Regina (O, Heilige Koningin) gesing het, is n standbeeld van die Maagd Maria (Nostre Dame) rondgestuur vir almal aan boord om te soen. Hy het geweier: Moenie vir my pla nie; so n afgod is vervloek!.Toe hulle hierdie standbeeld weer voor Knox se gesig druk dat hy dit kan soen, het hy dit gegryp en oorboord gegooi, terwyl hy s: "Nou kan die dame haarself red. Sy is lig genoeg, laat haar leer om te swem!

Knox het erken dat die prisoniers op hierdie galeie misrabele behandeling ontvang het. Daar is ook druk op hulle uitgeoefen om Protestantisme te verlon en Katolisisme aan te gryp.

VRYLATING EN VRYHEID

Die Engelse Protestantse regering van Koning Edward VI het die lot van hierdie prisoniers vir hulle aangetrek en in Februarie 1549, na 18 maande as galeislaaf, is Knox vrygelaat. Dit was moontlik na die direkte tussenkoms van Koning Edward VI, as deel van n uitruil van gevangenes.

KNOX, DIE PURITEIN

Knox het die volgende 5 jaar in Engeland as n eregas deurgebring. Daar is aan hom geleentheid gegee om te preek in Berwick en Newcastle. In 1551 is Knox aangestel as koninklike kapelaan van Koning Edward VI. As kapelaan het hy die kans gehad om voor die koning te preek, en het hy bygedra tot die voorbereiding van die tweede Book of Common Prayer (BCP). Knox het bv. daarop aangedring dat die stelling ingesluit word dat om by die Here se Avondmaal te kniel nie enige verering van die brood of wyn beteken nie, dat sodanige verering nie bedoel of toegelaat word nie. Inteendeel, dit word duidelik genoem dat in die eerste plek die natuurlike liggaam en bloed van Christus in die hemel is, nie op die aarde nie, en, in die tweede plek, dat tydens die Here se Avondmaal die brood sowel as die wyn bly soos wat dit is. Om dit te vereer is afgodediens.

Toe Knox genooi is om Biskop van Rochester te word, het hy dit van die hand gewys.

MARIA DIE BLOEDIGE EN VERBANNING

Toe Koning Edward VI op 6 Julie 1553 sterf, het die toekoms van Protestante in Engeland baie bleek gelyk. Mary Tudor het dit duidelik gestel dat sy beplan om Katolisisme as die nasionale godsdiens her in te stel.Knox het Maria beskryf as die bose Engelse Jesebel. Saam met duisende ande Engelse Protestante het Knox skuiling gesoek in Protestantse Duitsland en Switserland.

SWITSERLAND

Vroeg in 1554 het Knox na Genve gereis waar hy Johannes Calvyn ontmoet het. Knox het Calvyn se Genve beskryf as die mees volmaakte skool van Christus ooit op die aarde sedert die dae van die Apostels.Knox het ook vir Heinrich Bullinger in Zurich ontmoet.

FRANKFURT

Knox het hom in Frankfurt gevestig waar n groep Engelse en Skotse bannelinge hom gevra het om hulle postor te wees. Dit het Knox in ontstellende stryery en geskille laat beland oor watter liturgie gebruik moet word. Knox het krities begin word oor die Book of Common Prayer (BCP) en selfs oor Calvyn se Genevan Order of Service (GOS),dus het hy n nuwe diensorde opgestel wat bekend gestaan het as die Book of Common Order (BCO).Dit is egter deur n groot meerderheid van die gemeente verwerp. Teen Maart 1555 was die gemeente verdeel en die meerderheid het voorgestel dat Knox moet bedank. Sommige lede van die gemeente het die stadsowerhede oortuig dat Knox verhinder moet word om te preek en uit die stad verban moet word.

Dit is interessant om op te let dat, alhoewel sy Book of Common Order deur die bannelinge in Frankfurt verwerp is, dit in 1560 die amptelike gebedeboek van die Kerk van Skotland geword het.

DIE LORDS VAN DIE GEMEENTE

Terwyl Knox n banneling in Europa was, het Protestantse gemeentes in Edinburgh, Dundee, St Andrews, Perth en Brechin ontstaan. Meeste van hierdie vergaderings het in die geheim plaasgevind en baie het die Book of Common Prayer gebruik.

In Desember 1557 het n groep Skotse edelmanne n verdrag gesluit om die gesende Woord van God en Sy Gemeente te propageer en te vestig, om Katolisisme af te sweer en die Protestantste Geloof te vestig as die amptelike godsdiens van Skotland. Hierdie groep het bekend geraak as die Lords van die Gemeente.

GENVE EN SKOTLAND

Nadat hy uit Frankfurt verban is, het Knox gehelp om medeleraar te wees vir n Engelse gemeente in Genve. Toe, in Augustus 1555 het hy na Skotland teruggekeer en 9 maande spandeer om intensief deur die land te preek. Die Katolieke biskoppe het hom na Edinburgh ontbied in Mei 1556 met geregtelike aanklagte. Knox het na Genve teruggekeer waar hy lede van die gemeente bygestaan het met n nuwe vertaling van die Bybel in Engels. Dit het bekend geword as die Genve Bybel.

WANNEER IS DIT REG OM TE VEG?

Knox het Calvyn gevra of dit toelaatbaar is om n heerser wat afgodies is met geweld teen te staan. Calvyn het geantwoord dat individue mag weier om bevele te gehoorsaam wat in teenstelling met God se gebod is, maar hy kon nie n revolusie goedpraat nie. Knox het egter begin glo dat Christene onder verpligting was om teen n tiranniese heerser in opstand te kom. n Heerser se hoogste verpligting was om ware geloof en aanbidding te beskerm. In Knox se A Godly Letter (1554) het hy geleer dat die volk korporatiewe skuld op die hals kon haal deur verdraagsaam teenoor die kwaad te wees. Indien die mense Katolisisme sou toelaat om te bly, kan die volk onderwerp word aan Goddelike oordeel en plae. God het bv.die hele stam van Benjamin gestraf, nie omdat almal aan owerspel skuldig was nie, maar omdat hulle verdraagsaam was teenoor sommige owerspelers.

AFGODE WAT VERNIETIG MOET WORD

In sy pamflet van 1549 n Bewys dat die mis afgodediens is, beweer Knox dat afgodediens nie net beteken om te aanbid wat nie God is nie, maar om op enigiets behalwe God te vertrou. Om enigiets in die godsdiens te eer wat teen God se woord is, is om op iets anders as op God te vertrou. Dit is afgodery. Die mis is n gruwel Die mis het n valse versoening bewerkstellig wat op werke gebaseer is.

REBELLIE TEEN GOD

Aangesien die Wet van God nooit verander nie, moet Hy op sonde in Skotland net so reageer as wat Hy in ou Israel gedoen het, bv. deur n Jehu te bestem om n afgodiese heerser om te bring. Knox het daarop aangedring dat God se wet in Skotland in ere gehou word. Indien die mense die ongeregtige opdragte van bose heersers gehoorsaam het, sou hulle n baie erger straf van God ontvang as wat enige heerser op hulle kon l vir verraad. Om nie te rebelleer teen n afgodiese heerser nie was eenvoudig rebellie teen God.

VAN AFSONDERING TOT OORWINNING

Knox het volgehou dat wanneern mens deel van n minderheid uitmaak, die getroues net hulleself van afgodediens moet afsonder. Waar gelowiges egter in n dominerende posisie is en redelik verenig is, moet hulle hulle nie net afsonder van afgodery nie, hulle moet dit ook afskaf. Indien die uitwissing van afgodery beteken het dat n tiranniese heerser verslaan moet word, dan was dit nodig. Knox se preke en geskrifte oor hierdie onderwerp was vol Skrifvoorbeelde: Abraham, Moses, Deborah, Samuel, Elisa, Hiskia, Jehu, Elia, Amos, Jesaja, Josia, Jeremia, en baie ander gedeeltes wat te doen het met die Verbond, die suiwering van nasionale godsdiens, teenstand teen owerhede wat afgodsdiens bevorder en die Soewereiniteit van God. Indien prinse hulle grense oorskry, ly dit geen twyfel dat hulle met mag teengestaan mag word nie.

DIE MINISTER VAN JUSTISIE

Luther is beskerm deur Prins Frederidk van Sakse, Zwingli deur die burgemeester en raad van Zurich, Calvyn het die ondersteunhing van die Geneefse Stadsraad geniet en die Engelse Hervorming van daardie tyd het Koning Edward VI gehad. Aangesien geen burgerlike gesag in Skotland vir die Protestante kon beskerm nie, het Knox geglo dat die magte van korrupsie omvergewerp moes word. Hierin het Knox alleen gestaan tussen al die leidende hervormers van die 16de eeu. Hy het die standaarduitleg van Romeine 13 wat gehuldig is deur hervormers soos Luther, Zwingli, Tyndale en Calvyn openlik betwis.

N OPROEP OM WEERSTAND

In sy Admonition to England van 1555 veroordeel Knox al daardie leiers wat oogluikend saamgewerk het om die volk na Katolisisme onder Koningin Mary Tudor terug te bring. Indien sy voor hierdie dae na die hel toe gestuur was, sou hulle ongeregtigheid en wreedheid nie so duidelik vir die wreld sigbaar gewees het nie.

In 1558 publiseer Knox sy mees berugte The First Blast of the Trumpet Against the Monstrous Regiment of Women wat direk gemik was teen Bloody Mary die koningin van Engeland van daardie tyd.

Knox het genoem dat geen vrou n wettige heerser kon wees nie beslis nie een wat ware Christene vervolg het nie. Bloody Mary was n rebel teen God, n verraaier en rebel teen God.

Knox het verklaar dat dit teen die Wet van God en die natuur was vir so n vrou om enige koninkryk te regeer, aangesien dit die Goddelike sowel as natuurlike orde ondermyn het. Hy het n beroep gedoen op die getroues om daardie monster in die natuur van haar posisie van eer en gesag te verwyder.

In sy geskrif, Apellations to the Nobility and Commonality of Scotland het hy aan die gewone mense die reg en plig toegeken om teen tirannie te rebelleer.

TWISPUNT

Johannes Calvyn het heftig verskil met Knox se First Blast en die verspreiding daarvan in Geneve verban. Binne weke na die publikasie is Bloody Mary oorlede en het die protestantse Koningin Elizabeth die troon bestyg. Sommige het haar skielike verwydering en die bestyging van die troon deur n protestantse koningin as n regverdiging van Knox se manhaftige standpunt teen Bloody Mary beskou.

Die meeste het dit gegter as n politieke fout beskou en hulle van Knox gedistansieer. Knox het erken dat sy First Blast hom uit al sy vriende in Engeland geblaas het!

Koningin Elizabeth I was baie ontsteld oor Knox se traktaat. Sy verduideliking dat die monstrous regiment of women waarna hy verwys het Bloody Mary Tudor van Engeland, Mary of Guise en Mary, Koningin van die Skotte was, kon nie die breuk herstel nie. Knox se openbare verklaring van ondersteuning aan die nuwe Koningin, Elizabeth I, as die Protestantekoningin van Engeland kon ook nie die skade aan sy destydse sterk bande met die Kerk van Engeland herstel nie.

HERVORMING VERSPREI DEUR SKOTLAND

In Mei 1559 het Knox in Perth aangekom. Sy vurige preek teen Katolieke afgodery was so effektief dat, toe die diens oor was, die gemeente onmiddellik begin het om altare te vernietig en beelde, standbeelde en krusifikse stukkend te slaan. Hulle het van al die bygelowige tierlantyntjies van die Romanisme ontslae geraak. Daarna het die Lords of the Congragation Perth, Sterling, St Andrews, en teen die einde van Junie, ook vir Edinburgh militr beset. Knox is hier as leraar van die St Giles-kerk in High Street verkies.Sy reformasieprediking het regdeur Skotland weergalm.

DIE FRANSE UITOORL

Om Mary of Guise en haar Franse troepe teen te werk, het die Skotse Here van die Vergadering in Februarie 1560 die Verdrag van Berwick met die Engelse gesluit. Hierdie verdrag was so effektief dat die Franse sowel as die Engelse op 6 Julie 1560 ingewillig het om Skotse grond te verlaat. Sonder Franse inmenging was die toekoms van die Reformasie in Skotland verseker!

DANKSEGGING EN BELYDENIS

Later daadie maand het die Skotse Parlement by St Giles in Edinburgh vergader vir n groot dankseggingsdiens waar Knox die boodskap gebring het. Die Parlement het toe vir Knox en 5 van sy kollegas die opdrag gegee om n geloofsbelydenis saam te stel. Die belydenis wat vinnig, binne 4 dae, neergeskryf is, is dinamies en spontaan, gevul met profetiese en militante taal. Dit is deur die Parlement aanvaar en het vir 90 jaar die amptelike teologie van die Skotse Kerk uitgemaak. (In 1647 is dit deur die Westminster Belydenis vervang.)

GELOOF IN AKSIE

Die Skotse Belydenis munt uit in hoe dit praktiese Christelike etiek spesifiseer. Dit doen n oproep op goeie burgerskap, eerbare leefwyse en n verbintenis tot sosiale geregtigheid met die volgende woorde: Om een God te h,om Hom te aanbid en te eer, om Hom aan te roep in ons moeilikhede, om Sy heilige Naam te vrees, om Sy Woord te hoor en dit te glo, om te deel in Sy heilige sakramente.

Die tweede is om te eer vader en moeder,monargie, regeerders en superieure magte,om hulle lief te h, hulle te ondersteun, hulle bevele te gehoorsaam op voorwaarde dat dit nie teenstrydig is met God se Opdragte nie, die red van die lewens van die onskuldiges, die omverwerping van tirannie, verdedig die onderdruktes, om ons liggame skoon en heilig te hou, te lewe in nugterheid en matigheid, om met alle mense regverdig te handel in woord en daad, en ten slotte, om alle begeertes om ons buurman skade aan te doen, te onderdruk alle teenstrydige handelinge is sonde. (Seksie 14)

N HOR VERPLIGTING

Volgens die Skotse Belydenis word dit nie net toegelaat dat tiranne omvergewerp word nie, maar word sodanige aksie as verpligtend beskou. Tiranne word gedefinieer as die ware rebelle teen die Koning van Konings. Seksie 13 definieer werkers van ongeregtigheid as vuil persone, afgodsdienaars, dronkaards en diewemoordenaars, verdrukkers en wrede vervolgers.

Die Skotse Belydenis stel dit duidelik dat geen burgerlike mag absoluut is nie.Burgerlike leiers is permanent op proef en geen Christen behoort absolute trou verskuldig te wees aan enige regering nie. Christene moet die reg voorbehou om regverdig te rebelleer teen tiranne.

Geen ander Hervormingsbelydenis het dit so ver gewaag in gevaarlike vaarwaters, met die verskaffing van teologiese regverdiging vir rebellie teen tiranne nie. So het Knox dan ook verklaar: Gevaarlike tye vereis lewenskragtige geloof.

Op 17 Augustus het die Parlement die mis afgeskaf, pouslike jurisdiksie oor Skotland gerepudieer en alle wette wat in stryd was met die Gereformeerde Geloof afgeskaf.

OMVATTENDE HERVORMING

Knox se verhandeling oor die uitverkiesing (Predestination) is ook in 1560 in gepubliseer. Die Genve-Bybel is ook gepubliseer. Dit was die werk van die Engelse gemeente waar Knox die predikant was. In 1560 is die First Book of Discipline wat deur Knox en sy kollegas saamgestel is, aan die algemene vergadering voorgel. Knox het planne verduidelik vir die omvattende toepassing van die Evangelie op elke gebied van die Skotte se leefwyse. Hy wou n skool in elke distrik, n kollege in elke dorp, n universiteit in elke stad en gereelde, georganiseerde voorsiening vir die armes h.

Knox se vrou, Mary, het ook in 1560 gesterf.

MARY, KONINGIN VAN SKOTLAND

Alhoewel die Hervormingsparlement van 1560 met John Knox saamgewerk het om n Calvinistiese Skotland te verkry, het die terugkeer van die Katoliek, Mary, Koningin van Skotland, dit in gevaar gestel in 1561. As koningin het sy geweier om goedkeuring vir die nuwe orde te gee en so het Skotland amptelik Katoliek gebly. Mary Stuart was die troonopvolger sou Elizabeth sterf. Weens haar sterk bande met Philip II in Spanje en die Guises in Frankryk, was die Katolieke bedreiging vir Skotland se opkomende Hervorming baie ernstig.

Die Skotte was goed daarvan bewus dat die Protestante in Nederland gemartel, onthoof, gehang, verbrand en lewendig begrawe is deur die swaar hand van die Vatikaan. Hulle het kort tevore die golf van afskuwelike teregstellings onder Bloody Mary in naburige Engeland aanskou. Soos gerugte die rondte gedoen het dat Mary Stuart met Don Carlos, seun van Phillip II van Spanje, sou trou (Phillip II was die aartsvervolger van Protestante), het Knox n vernietigende preek gelewer dat alle pousgesindes ongelowiges was.

Philip II was deeglik daarvan bewus dat Mary Stuart die Vatikaan se beste hoop was om Katolisisme in Engeland te herstel: Sy was die een hek waardeur godsdiens in Engeland herstel kon word. Al die ander was toe.

IMMORALITEIT EN INTRIGE

Mary Stuart het met Lord Darnley van Engeland getrou in die hoop om die Katolieke van Engeland en Skotland te verenig. Toe sy swanger geword het, het haar jong man haar beskuldig van owerspel met haar privaatsekretaris, David Rizzio. Lord Darnley (toe Koning Henry) was aandadig aan die moord op Rizzio op 9 Maart 1556. Op 15 Junie 1556, het Mary aan n seun geboorte geskenk: James Charles Stuart, wat later Koning James I van Engeland geword het. Uit weerwraak vir die uitspreek van sy suspisies, het Mary Stuart, via haar krel, die graaf van Bothwell, die sluipmoord op haar man, Koning Henry (Lord Darnley) gerel. Mary het Henry terug na Edinburgh gelok, sy wantroue gesus en gerel dat hy deur plofstof opgeblaas word.

Katolieke sowel as Protestante in Skotland was woedend. Mary het Bothwell virBothwell n skynverhoor gerel en hy is vrygespreek. Daarna het sy Dunbar Kasteel en verskeie stukke grond aan sy vennote geskenk.

KONFRONTASIE MET DIE KONINGIN

Knox is opgeroep om voor die Raad van die Koningin te verskyn waar hy sy suspisies genoem het. Toe het hy Bothwell gekonfronteer met aanklagte van owerspel, medepligtigheid aan moord en verkragting. Toe Bothwell met Koningin Mary getrou het, Mei 1567, het die volk oortuig geraak dat sy haar man help vermoor het. Daar was uitgebreide oproepe dat sy onttroon moes word en die mense het teen haar gedraai. Knox het geis dat sy teregstaan op aanklagte van moord en owerspel altwee misdade met die dood strafbaar. Mary Stuart is gedwing om te abdikeer en die adelstand het gerel dat die minderjarige James V van Skotland vinnig gekroon word. (Hy sou later James I van die Verenigde Koninkryk word.)

DIE HERVORMING OORWIN IN SKOTLAND

Met sy kroningsplegtigheid het Knox van die kansel gepreek oor die baba Joas wat gesalf en gekroon is terwyl Koningin Atalia verraad uitgeroep het vanuit haar paleis. Die preek het besonderhede ingesluit uit die Bybel oor hoe die adelstand van die kroning van Joas gegaan het om Atalia dood te maak, die tempels van Baal af te breek en die profete se heerskappy oor die land te herstel. Terwyl Knox gepleit het vir die verhoor van Mary Stuart, het sy ontsnap en n lermag van 6 000 Katolieke op die been gebring. Toe Mary se ler deur die gedissiplineerde Protestante gekonfronteer is, het hulle weggesmelt. Sy het na Engeland gevlug en die beskerming van haar niggie, Elizabeth opgesoek. Bothwell het na Denemarke gevlug.

James Stuart, Mary se halfbroer, het regent van Skotland geword. James Stuart (1531 1570) was n invloedryke figuur in Skotse politiek. Teen die ouderdom van 19 was hy alreeds lid van die Geheime Raad. Hy het Mary, Koningin van Skotland se hoofadviseur geword toe sy na Skotland teruggekeer het. Hy is egter oorreed om die Protestantse geloof aan te neem en het n lid van die Lords of the Congregation geword. Hy het toe sy mag gebruik om die invloed van Protestantisme uit te brei. Toe Mary in 1567 gedwing is om te abdikeer, en haar seuntjie James VI gekroon is, is Stuart as regent aangestel. Hy is beskryf as n Puritein met natuurlike sjarme en diplomasie.

 

VERDRUKKING EN OPSTAND

Teen hierdie tyd het Europa gekook. Die Spaanse Hertog van Alva het die Calvinistiese rebelle van Holland met vuur en die swaard aangeval. 8, 000 Hollandse Protestante is tereggestel. Die eiendom van n verdere 30 000 is gekonfiskeer. Toe in 1568 het die Inkwisisie al die 3 miljoen Hollandse Protestante ter dood veroordeel as ketters. Die Hollanders het moedig weerstand gebied en het hulle onafhanklikheid verklaar. Phillip II het voor n magtige revolusie te staan gekom. Gelyktydig met die oorlog in Nederland en burgeroorlog in Frankryk, het n pouslike dekreet wat Elizabeth uit die kerk geban het n Katolieke opstand veroorsaak onder die Grawe van Northumberland en Westmoreland. Die Katolieke lers van Northumberland het Bybels en gebedeboeke vernietig, die mis heringestel in Durham Katedraal, en vir Mary Stuart gered om haar koningin van Engeland te maak.

BEDREIDING VERWYDER

Elizabeth se leer het die Katolieke rebellie onderdruk, en na baie ander komplotte en sameswerings om Mary op die troon te plaas ontbloot is, het sy onwilliglik toegestem tot haar verhoor en teregstelling.

SLUIPMOORD

Die sluipmoord, in Februarie 1570, op die Protestantse regent van Skotland, James Stuart, het Skotland in n burgeroorlog gedompel. Later daardie jaar het Knox n beroerte-aanval gehad. Maar hy het voortgegaan om te preek gedurende die laaste maande van sy lewe. Selfs al het sy gesondheid agteruitgegaan, het hy daarop aangedring om na die preekstoel gedra te word.

SUKSES

Voor hy dood is in 1572, het Knox die vreugde belewe om te sien dat die Hervormings van 1560 deur die Skotse Parlement bekragtig is. Pouslike gesag is in Skotland onwettig verklaar. Al die toekomstige heersers van Skotland sou moes sweer om die gereformeerde doelstellings te handhaaf. Die dag voor sy dood het Knox ges: I have been fighting against satan who is ever ready for the assault; I have fought against spiritual wickedness and have prevailed. Die toegewyde arbeid van John Knox het veroorsaak dat Skotland die mees Calvinistiese volk in die wreld geword het.

DIE UITSPRAAK VAN DIE GESKIEDENIS

In sy werk, The Great Christian Revolution gee Otto Scott n opsomming van Knox se prestasies. Hy noem dat Knox n regerende vors verneder het, n regering omvergewerp het, n hierargie uitgedryf het, mense bekeer het en dat hy teen die einde van sy lewe kon terugkyk op n landskap wat deur sy pogings en die leringe van sy mentor, Calvyn, getransformeer is. Knox se oorwinning in Skotland het n tentakel van Frankryk afgekap en die bedreiging vir die Hervorming van Engeland verminder.

By sy graf het iemand ges: Hier l iemand wat geen vlees gevlei of gevrees het nie.

Een van Knox se volgelinge het verklaar dat sy prediking in staat was om in een uur meer lewe in ons te blaas as wanneer 500 trompette aanhoudend in ons ore blr.

Die 19de eeuse geskiedkundige, Thomas Carlyle het Knox beskryf as n uiters verrassende individu wat binne n paar jaar, feitlik n paar maande die hele Skotland aan die brand gesteek het tot die edelste vlam van heilige menslike ywer en brawe vasberadenheid, om te glo slegs wat hulle volkome geloofwaardig bevind het, en daarmee die hele wreld, met die duiwel daaragter kon weerstaan met n onoorwinlike verdediging hiervan. Vir Carlyle was Knox die beliggaming van stoere leierskap, die Skotste van alle Skotte niks skynheiligs, dwaas en onwaar kan in hierdie man verdra word nie met n vrees vir God maar vir niks anders nie.

In sy biografie oor Knox, For Kirk and Covenant, beskryf Douglas Wilson vir Knox as iemand wat, soos Danil in die Ou Testament, reguit was in sy veroordeling van sonde, ongebreideld in sy verklaring van die waarheid, en as iemand wat onwrikbaar aan die Woord van God vasgehou het. Soos Koning Josia in ou Istrael het hy gedoen wat reg was in die o van die Here en nooit na regs of links afgedraai nie. Net soos die groot generaal, Josua, het hy pligsgetrou die duidelike opdragte van die Skrif gehoorsaam, standvastig en sonder om te wankel. Maar sulke karaktereienskappe en sulke stellings, hoe boeiend ook al, is onvermydelik duur. Dit het vir Knox byna van alles ontneem gedurende sy leeftyd, en het hom die haat en toorn van feitlik elke sekulre geskiedkundige in die jare sedertdien op die hals gehaal n klein toegewinkie hier en daar kon hom miskien gevrywaar het van gevangenskap, verbanning en kerkban. Maar hy het geweier om enige kompromis aan te gaan. Hy kon probeer het om binne die stelsel te werk. Hy kon versoening, akkommodasie of onderhandeling probeer het. Maar hy het geweier om te kompromitteer en alles gewaag ter wille van die beginsel.

Johannes Calvyn het Knox beskryf as God se vuurvreter, en as n broer . wat energiek gestry het vir die geloof.

Mary Stuart, Koningin van die Skotte, het by geleentheid uitgeroep, bewend en in trane, Ek is meer bevrees vir die gebede van John Knox as vir n lermag van 10,000.

John Knox se beroemde gebed, Gee my Skotland of laat my sterf! is deur en deur beantwoord in sy leeftyd.

Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. 2 Timthes 4:7

Dr. Peter Hammond
Reformasie Vereniging
Posbus 74
Nuweland 7725
Kaapstad
Suid-Afrika
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
www.reformationsa.org

 
Copyright © 2017 Reformation Society. All Rights Reserved.