Home
Geloftedag... En Die Slag van Bloedrivier PDF Print E-mail

Geloftedag word op 16 Desember gevier ter1462993 697151653648548 1441915335 n herinnering aan die Slag van Bloedrivier, nie net as oorwinning vir die Voortrekkers nie, maar ook as n triomf en oorwinning vir die Westerse beskawing en Christendom in Afrika. Daar bestaan geen rekord van enige Zoeloe-Christene voor 16 Desember 1838 nie.

DIE GEESTELIKE BEVRYDING VAN DIE ZOELOES

Ten spyte van die geestelike arbeid van die Britse en Amerikaanse sendelinge sedert 1820, was die houvas wat bygeloof op hulle gehad het, die regering van die Zoeloekonings en die vrees vir toordokters s groot dat nie een enkele Zoeloe op die prediking van die Evangelie gereageer het voor die nederlaag van Dingaan se impis by Bloedrivier nie. Om nog steeds Geloftedag te vier, is geensins anti-Zoeloe nie. Ek het in diepte opgelees oor hulle geskiedenis, strategiese slagvelde en het museums in Zoeloeland besoek. Ek beskou die Verbond wat die Boere met God gesluit het en die daaropvolgende Slag van Bloedrivier as die begin van die geestelike vryheid van die Zoeloes.

Zoeloes gekersten

Eers n die Slag van Bloedrivier het honderde, en later duisende, Zoeloes Christus aangeneem. Na die oorwinning oor Dingaan se magte het die Afrikaanse Christene n fantastiese sendingstasie en kerk by Mgundgundlovu (Dingaanstat) gebou.

1510560 697156050314775 1221450386 n

Dit is binne sig van die plek waar Piet Retief en 100 van sy volgelinge brutaal gemartel en vermoor is. Die Afrikaanse sendelinge het n skool vir blindes, n opleidingskollege vir evangeliste en nog vele ander uitdrukkings van Christelike liefde vir hul voormalige vyande daargestel. As God se volk moet ons God ken en Hom bekend maak. Ons moet ons geskiedenis ken ten einde n beter toekoms te kan bou. Ons moet die tye verstaan (1 Kron 12:32) en weet wat God wil h ons daaromtrent moet doen.

RuleOfFear webTSAKA EN MFEKANE

Tsaka het die Zoeloes as n groot oorlogvolk gevestig. Hy het vernietigingsgolwe impi ebomvu ( totale oorlog) van stapel gestuur wat groot dele van die land onbewoond gelaat het. Dit het tot die uitwissing van honderde stamme gelei. Bekend as die Swart Napoleon, het hy Suid-Afrika in bloed geweek en talle krale vernietig veral tussen 1820 en 1824.

Tsaka word beskryf as groot, aantreklik en n militre genie. Hy het die Zoeloes as n magtige oorlogmasjien gevestig, nuwe gevegsisteme ingestel en die nuwe aanvalswapen, die assegaai, ingebring.

Hy het sy manne verplig om hul sandale weg te gooi en kaalvoet te loop om hul voete hard te maak. Sy impis moes in dorings dans en indien enigeen pyn gewys het, is hulle onmiddellik van kant gemaak. Hy het sy manne afgerig om as n eenheid, in die vorm van beeshorings, te veg. Die mees ervare impis was op die voorpunt om te deurboor en die jonger impis was agter hulle om die vyand te omsingel. Zoeloes is opgelei om in te gaan om dood te maak. Hulle het elke liewe stam wat hul teengekom het, oorweldig en uitgewis.

DINGAAN SE VERRAAD

Op 22 September 1828 is Tsaka, die Zoeloekoning en grondlegger van die Zoeloes, in sy slaap doodgesteek deur sy halfbroers, Prins Dingaan en Prins Mhlangana. Baie gou na die moord van Tsaka, het Dingaan ook gerel dat Mhlangana vermoor word en kort daarna elke iedere mededinger wat sy pad sou kruis.

Hy was ongeveer 30 jaar oud toe hy koning geword het. Hy het begin om vir homself n nuwe hoofstat in Mgungundlovu (die plek van die groot olifant) te bou. Hy het baie vinnig meer as 300 vroue en byvroue gehad. Anders as Tsaka, het Dingaan verkies om net by sy paleis te bly. Hy was nie n vegter soos Tsaka nie. I.p.v. aan die voorpunt van militre veldtogte te wees, het hy die impis uitgestuur, maar self by die paleis agtergebly en was voortdurend omring deur dansers en feesvierings. Baie gou was hy n gemaksugtige, oorgewig koning.

012DIE LIGGELOWIGE PIET RETIEF

Die Trekleier Piet Retief is deur sendelinge gewaarsku toe hy na Dingaan is om te onderhandel vir die Voortrekkers se verblyf in die ontvolkte gebied tussen die Tugelaen Boesmansrivier (die hedendaagse Natal). Retief was egter uitermate vol selfvertroue en het alle waarskuwings verontagsaam.
Dingane web

WAARSKUWINGS VAN SENDELINGE

Eerw. Francis Owen van die Church Missionary Society het as een van die koning se vertalers opgetree. Die meeste inligting omtrent Retief en Dingaan se onderhandelinge kom uit Owen se dagboek. Toe Retief Umgungundlovu bereik het, het die koning hom onthaal. Owen het Retief gewaarsku oor die talle wreedhede, martelings en teregstellings waarvan hy (onder dwang) die getuie was, tog was Retief baie bendruk deur die erns, edelheid, intelligensie en welwillendheid van Dingaan.

DIE GOEDGELOWIGE SE REISE

Retief het Saterdag 3 Februarie met ongeveer 100 volgelinge in Mgungundlovu aangekom. Met die ondertekening van die dokument waardeur Dingaan toegestem het dat die Trekkers die gebied tussen die Tugela en Umzimvubu mag bewoon, het Retief gevoel dat sy vertroue in Dingaan geer is en die dokument is met groot verligting in sy leerbriewetassie gebre.

Die sendeling, Owen, was egter baie ontstemd omdat Retief en sy volgelinge die erediens van Sondag 4 Februarie misgeloop het juis as gevolg van die ondertekening van hierdie dokument. Retief het later erken dat hy skoon vergeet het dat dit Sondag was.

Maandag is die Trekkers op n eindelose vertoning van oorlogsdanse en militre krygsoefeninge getrakteer. Dingaan is ook as n meester in die vertoonkuns soos nog nooit in die land gesien is nie, bestempel.

WEERLOOS VOOR DINGAAN

Dinsdag het William Wood, n jong Engelse handelaar wat ook vlot in Zoeloe was, Retief gewaarsku dat hy en al sy volgelinge voor die einde van die dag uitgewis sou word. Retief en sy manne is na n laaste af skeidsparty genooi net toe hulle gereedgemaak het om te vertrek. Hulle is versoek om hul gewere buite die kraalhekke te los.

Hulle het, verbysterend genoeg, aan die versoek voldoen. Na vele oorlogsdanse wat in volume en intensiteit toegeneem het, het Dingaan opgestaan en Babulaleni abathakathi! (maak die towenaars dood!) geskree.

KOELBLOEDIGE MOORD

Oorkant die stroom en op die oorkantste heuwel moes Francis Owen in afgryse toekyk hoe n magdom Zoeloes (omtrent nege tot tien per Boer) die magtelose slagoffers na die noodlottige plek op die heuwel gesleep het. Baie van die Boere is deur assegaaie deurboor en Piet Retief se jong seun is voor sy o vermoor.

1472757 697492406947806 816439312 n

MASSAMOORD OM MIDDERNAG

Ongeveer middag op die noodlottige Dinsdag, 6 Februarie, moes Eerw. Owen toekyk hoe Dingaan n reuse mag uitstuur in die rigting van waar die trekkers gekom het. In die vroe oggend van 17 Februarie het 10 000 Zoeloekrygers die slapende Voortrekkers tussen die Boesmans- en Blaauwkrantzrivier aangeval.

Die Trekkers is deur hul blaffende honde gewek. Golf na golf het die Zoeloekrygers mans, vrouens en kinders hele families uitgemoor.

TEENAANVALLE GELOODS

Sarel Celliers en Gerrit Maritz het stormaanvalle geloods om van die voortvlugtendes te red. Vroue en kinders, sommige so jonk as tien jaar, het verwoed om oorlewing geveg. Die geveg het tot die middag van die 17de geduur toe die Zoeloes ten einde laaste met 25 000 beeste, perde en skape as buit teruggetrek het.

Honderde Zoeloes is in hierdie verwoede slag gedood. Toe die Voortrekkers hul eie dooies begin tel, het hulle gerou oor die dood van honderde vroue en kinders. n Dorpie is later op die plek aangel en Weenen (Die Plek van Geween) genoem.

LOKVAL BY BUFFELSRIVIER

n Teenaanval op 6 April het daartoe gelei dat twee mededingende leiers, Piet Uys en Andries Potgieter, by Italeni oorkant die Buffelsrivier in n lokval gelei is. n Britse ekspedisie van Port Natal het die Trekkers te hulp gesnel, maar tien van die kommando is gedood, insluitende Piet Uys en sy seun Dirkie wat langs sy pa aanhou veg het.

AndriesPretorius web

ANDRIES PRETORIUS EN DIE WENKOMMANDO

Die koms van Andries Pretorius het nuwe hoop gebring. Hy het met 60 Transvaalse vrywilligers vir die Wenkommando wat hy op die been wou bring, gearriveer. Pretorius is, tydens n vergadering van die Volksraad, verkies tot Kommandant-Generaal. Binne n paar dae het Pretorius met 464 mans en 64 waens uitgetrek om die Zoeloes te gaan aanval.

Hy het die leuse Eendragt Maakt Magt, wat later die leuse van die Transvaalse Republiek geword het, gehad. Alle lede van die Wenkommando het intensiewe lesings oor dissipline, Christelike gedrag, ordentlikheid, integriteit, meelewing en moed ontvang. Die predikant, Sarel Cilliers, het baie sterk aangedring op godsdienstige gebruike soos daaglikse oggend- en aandgodsdiens waartydens alle mans moes kniel.

 

Wanneer hierdie 64 waens beweeg het, het dit in vier rye beweeg sodat die ry nie te lank was nie en die voor- en agterhoede beskerm kon word. Elke nag is die laer getrek, wagte uitgesit, inspeksies gehou en verdedigingsvaardighede geoefen. Verkenningspatrollies is uitgestuur om inligting oor die Zoeloe-bewegings oor te dra asook om hulle van moontlike gevare te vergewis.

020DIE GELOFTE

Net toe die Tugela-rivier in vloed was, het die Wenkommando dit by Spioenkop oorgesteek. By Wasbank het Sarel Celliers op Sondag 9 Desember op n kanonwa geklim vir die oggend-erediens.

Hy het n plegtige gelofte voorgestel: My broers en landsgenote, op hierdie oomblik staan ons voor die Heilige God van Hemel en aarde om n belofte te maak. Indien Hy met ons is en ons beskerm en nie aan die vyand oorlewer nie sodat ons oor hulle kan triomfeer; dan sal ons jaarliks hierdie dag en datum eer en herdenk as Dankdag en Sondag tot Sy eer.

Ons sal ons kinders en kindskinders hieroor inlig dat hulle deel van hierdie gelofte is ter herinnering aan ons nageslag. Indien enigeen n probleem hiermee het, laat hom dan nou van hierdie plek wegdraai. Die eer van Sy Naam sal hierdeur met vreugde verhoog word en aan Hom kom toe die eer en heerlikheid vir die oorwinning.(Vrye vertaling van die oorspronklike Nederlandse Gelofte). Alle Engelse vrywilligers het hulle by die Afrikaanse Voortrekkers gevoeg en die Gelofte afgel en dit is vanaf 9 Desember elke aand tot en met die aand van die 15de tydens aandgodsdiens herhaal.

1506392 697491150281265 365856070 n

KONFRONTERING VAN DIE ZOELOES

Daar was n kalm doelgerigtheid onder die lede van die Wenkommando. Hulle het baie goed besef dat hulle teen n sterk mag in Afrika gaan veg. Tot op daardie stadium is die Zoeloe-impis nog nooit in enige geveg verslaan nie. Hulle het geweet dat Dingaan meer as 20 000 krygers het wat hy gelyktydig teen hulle kon instuur en hulle was net 464.

Die Kommando het Saterdag 15 Desember die Buffelsrivier oorgesteek en tussen die Buffels- en Ncome-rivier uitgespan. Twee verspieders het berig gebring, dat hulle n groot Zoeloe-mag sowat een en n half uur weg gesien het. Pretorius het die terrein vir n geskikte laergebied verken en hy het God se hand hierin gesien, aangesien hy n perfekte plek aan die anderkant van die Ncome-rivier gesien het.

LAER OPGESLAAN

Aan die Wes-oewer was n diep seekoeigat en n enorme donga of kloof. Die laer is opgestel deur gebruik te maak van hierdie twee natuurlike verdedigingskenmerke aan beide kante. Die 64 waens is baie stewig aan mekaar vasgewoel met slegs twee gevegsopeninge waar die kanonne opgestel is. Die agterkant van die D-formasie was teen die donga en die semi-sirkel in die oopte. Kerse is uitgesit en lanterns is oral aan die lang sweephingsels opgehang ten einde te verhoed dat die Zoeloes die laer ongesiens in die nag kan bereik.

Terwyl Sarel Celliers die Kommando in die herhaling van die gelofte vir die laaste keer en die sing van Psalms gelei het, het die Zoeloes binne hoorafstand van die laer gekom. Hulle kon net die spookagtig-verligte laer sien en die vreemde sang hoor.

022VERSLAAN DIE ONOORWINLIKE

Dit was n spanningsvolle, maanlose nag. Twee uur voor sonop was die Trekkers reeds op hulle poste. Die mis het gelig en n perfekte dag sonder wolke of wind, het gebreek. Toe die mis lig, het die Boere die ganse Zoeloe-mag voor hulle sien sit met die skilde voor hulle. Die voorste linie was slegs 40 tre van die halfmaanvormige laer weg. Ry na ry van die Zoeloeregimente het saamgegroepeer gesit volgens die kleur van hulle skilde.

Daar was tussen 15 en 20 duisend. Die dag het begin met n woeste geveg die Zoeloes het gesis, gegil, hul assegaaie teen hul skilde gestamp, donderend met hul voete op die grond gestamp en toe die laer bestorm. Die twee kanonne het bane deur die menigtes geskiet en die dodelike korrel van die Boere het sy tol geis.

n Massa Zoeloes het probeer om die agterkant van die laer, deur die donga, te bestorm, maar Sarel Celliers het sy manne gelei om hulle af te sny.


BloodRiver webDIE ZOELOE-GETY

Die Zoeloes het tot die aanval oorgegaan n swart vloedgolf wat op die waens afgekom het. Die roers het gevaarlik warm begin word, wa-seile is met assegaaie en spiese deurboor, maar die strategiese plasing van die laer het die Zoeloes grensloos gefrustreer.

Hoe nader hulle aan die waens gekom het, hoe meer is hulle opmekaar getonnel deur die donga en die rivier totdat hulle oormekaar en oor hul gesneuweldes geval het. Hul verliese het enorm geraak sonder dat hulle iets kon vermag. Nog nooit in die ervaring van hierdie krygsnasie het so-iets met hulle gebeur nie.

Andries Pretorius het n tempoverandering in die geveg aangevoel en hy het n stormloop in die middel van die impi-mag gelei. Vir die eerste keer in Zoeloe-geskiedenis het die impis op die vlug geslaan. Die eenheid waarop hulle strategie gebou is, is verbreek. Toe die son sak, het die uitgeputte Kommandolede teruggekeer vir n Dankdiens en vir hul eerste ete van die dag.

LIEFDE VIR HUL VYANDE

Dit is merkwaardig dat, t.s.v. die verraad wat die Boere moes verduur en die massamoord op so baie vroue en kinders op die oewer van die Blaauwkrantsrivier, daar geen verskriklike gruweldade in vergelding deur die Boere gepleeg is nie.

Inteendeel, in ooreenstemming met die Bybelse mandaat om jou vyande lief te h, is die ernstigste sendingaksies, begin deur die Hervormde Kerk in Zoeloeland, van stapel gestuur. Skole, hospitale, kerke en weeshuise, selfs binne sig van die plek waar Piet Retief en sy manne so wreedaardig vermoor is, is opgerig.

In die een en n halfeeu sedert die eerste Geloftedag, het miljoene Zoeloes Christus aangeneem en is Zoeloeland gesen met herlewing. Op n baie werklike manier het dit alles met die heel eerste Gelofte wat deur Sarel Celliers afgel is, begin. Hulle is dus vrygemaak om Christus te dien.

Dr. Peter Hammond is die Voorsitter van The Reformation
Society. Besoek www.ReformationSA.org.
Dr. Hammond is beskikbaar vir kerkpraatjiesen kan
geskakel word by 021 689 4480.

Die artikel was oorspronklik in JUIG! tydskrif gepubliseer


 
 
 
Copyright © 2017 Reformation Society. All Rights Reserved.