ARTICLES
Die aardbewing en die tsoenami in Japan het vele artikels en programme tot gevolg gehad waarin God vir hierdie rampe blameer word, of wat probeer bewys dat Hy glad nie bestaan nie. Een koerant het daarop aanspraak gemaak dat al die hoofde van die groot godsdienste en denominasies dit tydens ’n onderhoud eens was dat die aardbewing en tsoenami nié ’n oordeel van God kon wees nie.
Baie van die kritiek en die teenstand waaraan Christene blootgestel word, is die gevolg van onkunde en misverstand t.o.v. wat ‘n Christen werklik is. Reg van die begin af is daar vals beskuldigings teen die Christene in die Romeinse Ryk ingebring. Christene is van kannibalisme beskuldig!
“Julle Christene eet die vleis en drink die bloed van mense tydens julle seremonies!” En dit omdat die Nagmaal simbolies verwys na die eet van Sy Liggaam en die drink van Sy Bloed. Sekere Romeine het dit egter aangegryp en uit onkunde of kwaadwilligheid die gerug dat Christene by kannibalisme en menslike offerande betrokke is, versprei.
Die terme 'Postmodernisme' en 'Opkomende Kerk' word deesdae baie algemeen in Christen-kringe genoem en baie gesprekke is al hieroor gevoer. 'Nuwe denke' oor God word bepleit en 'Kerk' word deur sommige anders as vroeër gedefinieer. Maar wat presies word met hierdie twee begrippe bedoel en wat behoort die Christen-beskouing hieroor te wees?
Die getygolwe van protes en opstande wat oor die Arabiese wereld spoel, stuur 'n waarskuwingsboodskap aan die wereld. Meer as 'n miljoen betogers wat dag na dag in die strate van een enkele hoofstad krete en slagspreuke skree en daarop aandring dat die outoritere leiers, van wie sommige al vir dekades in beheer is, moet bedank, het skokgolwe deur die wereld gestuur en oral konsternasie veroorsaak.
Wat geen oog gesien het; wat geen oor gehoor het; wat in niemand se hart opgekom het nie - dit het God voorberei vir hulle wat Horn life het." 1 Kor 2:9. God het ons met die ewigheid in gedagte geskape. Die Hemel word 550 keer in die Bybel so genoem. Daar word ook met ander name daarna verwys. Dit word as 'n 'beter land' waarna die profete op soek is, beskryf.
Christus se Opstanding is uiters belangrik as die grondslag van die Christelike geloof. Dit is juis die rede waarom dit die teiken van die mees meedoënlose aanvalle is.
Hoe Kan 'n Goeie God Onheil Toelaat?
Die vraag waarom daar onheil in die wêreld is, is nooit deur die antieke filosowe van Egipte, Babilon, Persië, Griekeland of Rome beantwoord nie. Hulle was politeïste wat in ‘n godewêreld geglo het. Volgens hulle was onheil, of die bose, die gevolg van oorlog tussen die onderskeie gode.
Een van die bekendste ateïste van die 20ste Eeu, die Britse filosoof Bertrand Russell, het die volgende geskryf op die vraag wat hy sal doen as hy moet uitvind dat daar inderdaad ‘n God is: “Why I’m not a Christian? I will then ask the Almighty: ‘Why didn’t you give us more evidence?’”
Is Alle Gelowe Nie Dieselfde Nie?
Wat is die verskil tussen die Christelike geloof en alle ander godsdienste? Ons hoor so dikwels dat mense van mening is dat alle gelowe tog maar dieselfde is. Hoekom is Christene dan so onversetlik deur te glo dat hul geloof die enigste ‘regte’ een is? “Hoe kan jy so bekrompe, so dweperig en so onverdraagsaam wees deur te glo dat Jesus die enigste weg na God is?”
“Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het. Christus wat vir julle gely het, is julle voorbeeld. Trap in sy spore.” 1 Pet 2:21
Wanneer ons ly a.g.v. siekte, ongeregtigheid, onregverdige behandeling, frustrasie en traumatiese omstandighede, is die eerste reaksie dikwels om uit te roep: “Waarom? Waarom gebeur daar slegte dinge met goeie mense? Waarom ly ek so?”
Frustrasie en ontevredenheid is gewoonlik die eerste tekens van iemand wat teruggeval het in die geloof. Dit maak nie saak hoe diep dit weggesteek word nie, daar is tog die moedelose erkenning dat jy die oorvloedige lewe in Christus misloop.
Wat is fout met ons wêreld? Ons almal word op ‘n daaglikse basis gekonfronteer deur die werklikheid van ‘n wêreld wat in opstand is teen sy Skepper. Die ontheiliging van die Sondag, die toename van pornogra_ e, geweld en misdaad, die morele verval, die wettiging van aborsie, gesinsverbrokkeling en die absolute ontplo_ ng van kindermishandeling herinner ons baie duidelik daaraan dat ons in ‘n sondige wêreld wat God vergeet het, leef. Wat is fout met ons wêreld? Sonde! Die mens rebelleer teen God.
“Ek doop julle wel met water as teken van julle bekering. Maar ná my kom daar Iemand wat baie belangriker is as ek – soveel belangriker dat ek nie eers goed genoeg is om soos ‘n slaaf sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Matt 3:11-12
Die Afwesigheid van Goeie Dade
Ek is ‘n goeie persoon. Ek drink nie. Ek rook nie. Ek gebruik nie dwelms nie. Ek steel nie en ek vloek ook nie. En ek is nie homoseksueel nie – ek is ‘n goeie persoon!” Hierdie reaksie kom ‘n mens dikwels teë as jy by straatevangelisasie, deur-totdeur-of enige ander vorm van evangelisasie betrokke raak.
Christene regoor Suid-Afrika vier hierdie jaar die 150ste herdenking van die merkwaardigste herle wing in die Kaap ooit. Geen mens kan egter van hierdie herlewing praat sonder om op die enorme rol wat Andrew Murray daarin gespeel het, te wys nie.
Die tragiese dood van ‘n sestienjarige graad-11-leerling het net weer die probleem van afknouery en geweld in ons skole beklemtoon.
Gelooftedag... En Die Slag van Bloedrivier
Geloftedag word op 16 Desember gevier ter herinnering aan die Slag van Bloedrivier, nie net as oorwinning vir die Voortrekkers nie, maar ook as ‘n triomf en oorwinning vir die Westerse beskawing en Christendom in Afrika. Daar bestaan geen rekord van enige Zoeloe-Christene voor 16 Desember 1838 nie.
Chris Mercer is ‘n afgetrede advokaat van die Hooggeregshof van Zimbabwe met 20 jaar regservaring. Hy is ook die stigter van Kalahari-roofvoël en roofdiersentrum, ‘n wildreservaat van 600 hektaar naby Kuruman wat sedert 1998 ‘pragtige, intelligente en lieftallige diere’ soos impalas, elande, arende, uile, aasvoëls, bakoorjakkalsies, jakkalse en ystervarke red en rehabiliteer.
Die Bybel is die waardevolste boek van alle tye. Daar is geen kwessie dat dit die mees lewensveranderende boek is wat ooit geskryf is nie.
Daar is geen twyfel dat Jesus die grootste mens is wat ooit in die geskiedenis van die mensdom geleef het nie. Hy het die wêreld vir altyd verander.
Toe Hy gebore is, het Hy selfs die manier waarop tyd aangedui word, verander. Hy het die rivier van die tyd uit sy loop geneem en en die eeue uit hul skarniere gelig. Sy verjaarsdag, Sy menswording het die tyd aangeraak en vir altyd verander. Die hele wêreld meet tyd nou in Voor Christus (vC) en Na Christus (nC). Jesus Christus is die sentrale figuur in die geskiedenis. Daar is meer boeke oor Jesus Christus geskryf as oor enige ander mens in die geskiedenis.
Gedurende hierdie Paasseisoen, terwyl ons herinner word aan wat Christus aan die kruis gely het, móét ons hierdie vraag baie goed oordink: Wie is vir Christus se lyding verantwoordelik?
As ons die Evangelies lees of na ‘The Passion of the Christ' kyk, moet hierdie vraag een van die kardinale vrae in ons gemoed wees: Wie het Jesus doodgemaak?
Gedagtes, Morele Waardes, en die Silwerdoek
"Wie die media beheer, beheer die kultuur.” Dr Ted Baehr. “Wie die woord definieer, definieer die wêreld.” John Locke. “Die pen is magtiger as die swaard.” William Shakespeare. Die gemiddelde kind sien tussen 15 000 en 30 000 uur televisie in gemiddelde huishoudings met televisie voordat hy/sy die skool verlaat! (Nielsen Medianavorsing 1995). Gedurende dieselfde tyd sal die gemiddelde kind ongeveer 11 000 tot 16 000 uur in die skool spandeer en minder as 2 000 uur gehalte-interaksietyd met hul ouers (The Media Wise Family deur Dr Ted Baehr). Baie kinders spandeer reeds voor sesjarige ouderdom meer ure voor die televisie as wat hulle in hul hele lewe met hul pa’s sal spandeer.
God, Die Regering en die 10 gebooie
Baie mense verkeer onder die illusie dat die Bybel absoluut niks te sê het oor enige van die sosiale strukture, konstitusionele modelle of politieke sake nie. Ongeveer 29% van die Bybel handel egter oor geestelike sake en ons persoonlike lewens en 71% handel oor sosiale, politieke en nasionale kwessies.
Sou dit vir die Jode wat slawe in Egipte was, genoeg gewees het as Moses bloot net vir hulle gesê het hulle moet aanvaar dat hulle in Yahweh volkome vryheid het en hulle dan maar net eenvoudig moes aangaan in gevangeniskap onder die juk van slawerny?
Die hele onderwerp ‘dissipline’ word dikwels eerder vermy, as wat dit deeglik hanteer word. Die rede?
Dit roep gedagtes van misbruik, verwaarlosing en sommer oor die algemeen ‘n liefdelose huis op.
Ons motors, rekenaars, glase en selfone, e-posse en vliegtuie – al hierdie tegnologiese ontwikkelings – is nie bloot net voorbeelde van wetenskaplike ontwikkeling nie, maar is ook tasbare bewyse van die vrug van die Christelike geloof.
Knox – en die Hervorming in Skotland
Soos die boeke van Martin Luther, en Tyndale se vertaling van die Nuwe Testament Skotland binnegekom het, is dit met groot belangstelling ontvang. Studente by St. Andrews Universiteit het begin om hulle geloof ernstig op te neem. Patrick Hamilton, ‘n student by St. Andrews, het ‘n boek geskryf wat as ketters verdoem is. Hy het na Duitsland gevlug, Luther ontmoet, en spoedig teruggekeer na Skotland. Hamilton het die Protestantse geloof met groot waagmoed begin verkondig.
Die Uitdaging van Islam volgens die Hervormers
In die verklaring van Daniel 9 het Martin Luther opgemerk dat die profeet Daniel, o.a. van die Moslem Turke gepraat het wat toe Europa binnegeval het. In die laaste gedeelte van hulle heerskappy, wanneer rebelle heeltemaal boos geword het, sal ‘n koning met ‘n streng aangesig, ‘n meester van bedrog, opstaan. Hy sal baie sterk word, maar nie deur eie krag nie. Hy sal verstommende vernietiging veroorsaak. Hy sal bedrog laat floreer en sal himself as beter as ander beskou. Wanneer hulle sterk genoeg voel, sal hy baie vernietig en stelling inneem teen die prins van prinse. Desnieteenstaande sal hy vernietig word, maar nie deur mensekrag nie. (Daniël 9:23 tot 25).